Jody oes nóg 4 goues; breek twee rekords

Die atletiekster van Riebeek-Wes Primêr het die afgelope naweek sy medalje-oes uitgebrei met ‘n allemintige 4 goue medaljes op die Wes-Kaap Laerskole-byeenkoms.

In twee van die nommers waar Jody Engelbrecht goud gebuit het, het hy ook die rekords verbeter. Naas sy rekords in die 100m en verspring, het hy ook eerste geëindig in die 150m en saam met 3 Boland-spanlede die aflos gewen.
Jody neem die komende naweek aan die SA Kampioenskappe in KwaZulu-Natal deel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!