Latest

WKDM versprei ‘Soap 4 Life’ teen Covid 19-pandemie

Met die oog daarop om bewustheid te verhoog en die verspreiding van COVID 19 te help beperk, het die Weskus Distriksmunisipaliteit se rampbestuur saam met verskillende belanghebbendes ‘n projek geloods om seep aan landelike gemeenskappe te versprei.

Die Soap 4 Life-veldtog is ‘n welwillende gebaar om gemeenskappe te help om meer bewus en ingelig te wees oor die Covid-19 virus deur op die was van hande en persoonlike higiëne te fokus.
“Was hande met gewone seep en lopende water vir 20 sekondes, werk net so goed as handsuiweringsmiddel,” sê die Weskus Distriksmunisipaliteit in ‘n verklaring.
“As u gereeld u hande was, kan u die virus doodmaak en die verspreiding daarvan stop.” Amptenare van die munisipaliteit werk saam met die landelike gemeenskapsorganisasies en landbousektor om seep aan plase regoor die Weskus te versprei terwyl hulle ook bewustheid oor COVID 19 skep.

Andre Frans (WKDM Brandweerdiens), Angelo Rhode, Wilhelm Markus (direkteur by die WKDM), Markus Lutz (WKDM Brandweerdienste) en David Joubert (WKDM se munisipale bestuurder) help met die seepverspreiding.

Tweeduisend koekies seep is voor die nasionale inperking in landelike gemeenskappe versprei, terwyl nog 6000 koekies aan plaaslike munisipaliteite aan die Weskus versprei is. Die veldtog duur tot einde April en besighede en individue wat seep wil skenk, kan die munisipaliteit kontak by info@wcdm.co.za of 022 433 8701.

Andre Frans en Markus Lutz van WKDM Brandweerdienste by van die seep vir die veldtog

Die Weskus-rampbestuursentrum in Moorreesburg koördineer verskeie ander aktiwiteite binne die Weskus om die verspreiding van die Coronavirus te verlig.
Die sentrumbestuur bedank die publiek vir hul ondersteuning vir die nakoming van die regulasies tydens die nasionale toesluiting en moedig mense aan om sover moontlik by die huis te bly om die verspreiding van die virus te bekamp.

Leave a Reply

error: Content is protected !!