Latest

Daar is ‘nie rede om rooivleistekort te vrees’

Die rooivleisprodusente wil die publiek verseker dat ons sal bly produseer en dat tekorte nie gevrees hoef te word nie.
Só sê die voorsitter van die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), Koos van der Ryst, in ‘n verklaring.
“Gelukkig is die grootste gedeelte van Suid-Afrika geseën met goeie reën wat rooivleisproduksie ondersteun,” aldus Van der Ryst.
In hierdie stadium is die vraag na rooivleis plaaslik nog sterk en uitvoermarkte gaan normaal voort. Meer as 95 % van lam-, skaap- en beesproduksie word plaaslik verbruik.

“Die RPO ondersteun die drastiese maatreëls wat president Cyril Ramaphosa aangekondig het om verspreiding van die COVID 19-virus te beperk.
“Die RPO het kennis geneem dat landbouproduksie en spesifiek dan ook
rooivleisproduksie in die 21 dae uitsluitingsperiode voortgaan.
“Die RPO aanvaar die maatreëls met die nodige verantwoordelikheid,” sê Van der Ryst.
Dit sluit in noodsaaklike werksaamhede soos slagtings, waardeketting voorsieningsaksies, veterinêre en fito-sanitêre dienste en produksieverwante aksies soos voervoorsiening en watervoorsiening.
Die RPO is in gesprek met die departement van landbou om te bepaal of die hou van veilings ‘n noodsaaklike diens is.


Gesonde individuele selfregulering is die wagwoord. Kontak met persone binne die samelewing en bedryf moet tot die noodsaaklike minimum beperk word. Die werksmag moet tot die minimum afgeskaal word.
Die RPO is verbind tot die tegniese taakspan wat die minister van landbou
aangewys het met sub-komitees vir ekonomie, sosiale impak en kommunikasie.
Die komitees funksioneer virtueel en sal die RPO die belange van rooivleisprodusente te alle tye bevorder.
Die bek-en-klouseer WhatsApp-groep van die RPO is uitgebrei na ‘n COVID-19 groep en sal voortgaan om op ‘n gereelde basis inligting en nuus deur middel van die groep te versprei.

Leave a Reply

error: Content is protected !!