LatestSchools

Covid en Onderwys 3 – ‘Gee vir matrieks hul sertifikate’

dié courant het met Lize Meyer, ervare wiskunde-onderwyser by Hoërskool Swartland, gesels.
Sy praat oor die frase “pass one pass all” (dat as jy een kind deursit, moet jy almal deursit).
Ek kan nie sien hoe jy vanjaar nie kan “pas one one pass all” nie.
Onthou hierdie is maar my persoonlike perspektiewe.
Ek kan nie vir ander vakke praat nie, maar ek kan vir wiskunde praat. En wiskunde is in baie opsigte ‘n keuringsvak.
Dit gee vir jou ‘n effense idee van wat die kind se vermoë is.

As jy vir my vra as wiskunde-onderwyser: watter leerders het ek nog nodig om te sien na die einde van die jaar toe, dan sê ek vir jou net ingenieurs.
Dan wil ek met hulle een hoofstuk doen en dis differensiasie.
Die sirkelmeetkunde gaan niemand help nie. Die analities gaan niemand help nie. Die trig gaan niemand help nie.
‘n Mediese student gaan kan doen wat hulle moet doen. Hulle moet basiese verhoudings kan doen bv. vir elke 10kg wat iemand weeg, moet hy soveel milliliter van ‘n middel kry.
Onthou, ek wil nie my eie vak afmaak nie.
Dit is ‘n bitter belangrike vak ook om mense te keur vir medies, maar hulle het nie nou wiskunde nodig nie.
Jy het nie rekeningkunde op skool nodig om B. Rek. te gaan studeer nie.
Indien die matrieks wel sou teruggaan. Sit almal deur op hul Graad 11-punte. Daardie punte is ‘n goeie aanduiding van die kind se vermoë.
Indien die skole sou oopmaak. Gee vir die kind ‘n keuse van twee vakke om te neem.
Hul los dan die ander vakke.
Offer die matriek op.
Hulle gaan nie slegte mans wees eendag vir hul vrouens nie en hulle gaan nie slegte vrouens wees vir hul mans nie.
Wat jy nou verder in matriek leer, is “nice”.
Onthou, ek is ’n voorstaander van leer. As jy leer, is jy ‘n ryker mens, maar hulle gaan nie onwaardige burgers wees van hierdie land, as hulle nie hul matrieksillabus afhandel nie.
Ek sou sê, sit hulle almal deur.
Haal die druk van hulle af. Nie in November eers nie. Haal dit nou van hulle af. Sê jy gaan hulle verplig om twee vakke te skryf.
Die kinders gaan almal oorweldig wees.
Ook in die laer grade.

Lize Meyer

Haal dáár die goed uit wat onnodig is.
Onderwys is heeltemal haalbaar van die 1ste Junie af, maar nie met die sogenaamde social distancing nie.
Daar is nie ‘n manier dat jy klasse kan wissel met kinders 1 en ‘n half meter van mekaar nie.
Ek mis die kinders. Dis vir my geensins bevredigend om ‘n klas aan te bied met ‘n foon en ‘n kamera nie. Dis maar simpel.
‘n Mens moet net mense se gedagtes ‘n bietjie terugbring.
Kinders is getraumatiseer. Al hanteer hulle dit goed. Ons as grootmense is onseker.
Ons vat almal dit in ons stride, maar kinders is onseker.
Ons moet onthou ons werk met kinders wat getraumatiseer is. Dis dalk ‘n erge woord.
Maar kinders is onseker.
Daar is nie ‘n eenvoudige antwoord nie.
Dit is nie die massa werk wat ‘n matrikulant vang nie. Dit is die onsekerheid wat hul vang. As hulle weet, dan sal hulle baie beter daaraan toe wees.
Hulle weet nie wanneer hulle teruggaan nie. Hulle weet nie wanneer hulle eksamen gaan skryf nie.
Dit gaan nie hier oor reg of verkeerd nie. Ons soek iets wat gaan werk.
Een ding wat ek seker van is. As hierdie matrieks op Graad 11-punte sonder matrieksertifikate die wêreld ingaan, gaan ons brûe nie in mekaar val, ons parlemente gaan nie toemaak en ons vliegtuie gaan nie stil staan nie.
Daar gaan nog steeds brûe gebou word.
Natuurlik moet hul ‘n sertifikaat in hul hand hê.
Gee dit vir hulle. Hulle verloor klaar baie ander goed.

Leave a Reply

error: Content is protected !!