LatestSchools

Covid en Onderwys 2 – ‘Ons kinders is van ons afhanklik’

dié courant het met Mark Goliath, waarnemende adjunkhoof by Wesbank Sekondêr, gesels.
Hy sê daar is onsekerheid by kinders.
“Dit is nodig dat ons die kinders moet gerusstel. Dit is nodig dat ons vir hulle kan sê wat gaan gebeur.
My eie bekommernis is daar is nog net soveel maande oor.
Die hoeveelheid volume werk wat gedek gaan word om in ‘n maand of twee te doen – is dit reg teenoor die kind?

Daar gaan klomp kos in die kind se mond gestop word en dan gaan hy later verstik.
Wie gaan aan die einde van die dag verantwoordelik gehou word as kinders paniekbevange raak met die eksamenvrees wat hulle gaan ontwikkel?
Dit is iets wat die departement moet doen – om die vrees aan te spreek.
Die kinders weet nie wat aangaan nie.
Hulle het nie rigting nie.
Daar is skole waar die kinders meer toegang het tot rekenaars en die kinders daar is aktief besig.
Baie van hulle het ‘n ander ondersteuningstruktuur ook van ouers.
Ons kinders is totaal en al afhanklik van ons.
Die vrese by ons is ook dat amper 65 persent van ons kinders is reisigerskinders van omliggende gebiede.

Mark Goliath

Hoe gaan jy daardie kinders beskerm teen die virus?
Ek is regtigwaar ook bekommerd – die kinders raak dalk nie siek nie, maar is dalk draers van die virus.
Daar is ‘n klomp opvoeders wat kwale het soos suiker, bloeddruk en ook hul ouderdom wat teen hul tel.
Wat van daardie opvoeders? Dit is ‘n risiko wat jy loop.
Mens verstaan ook die ekonomie moet aangaan en alles moet aangaan, maar daar gaan mos mense se lewens op die spel wees.
Onthou die winter kom mos ook nou.
Navraag is by ons matrikulante gedoen oor hoe hulle die situasie ondervind. Hulle het al laat weet hulle is bekommerd.
Daar is kinders wat eenvoudig nie die inligting en lesplanne kan kry nie. Dit is moeilik.
Ons kry goed soos kinders wat sê: Meneer, ek het dit, maar wat van die kinders wat nie het nie?
Daardie bekommernis.

Leave a Reply

error: Content is protected !!