News

Hulde gebring aan onderwysman André Titus

‘n Bekende en geliefde Swartlandse onderwysman en oud-skoolhoof van Wesbank Sekondêr, André Titus, is vandeesweek oorlede.
dié courant het ‘n oud-kollega en ook oud-skoolhoof van Wesbank Sekondêr, Reginald Kortjé, gevra om ‘n huldeblyk te skryf.

“Ek bring graag hulde aan een van ons gemeenskap se heel grotes as ‘n intelektueel, onderwysman, sportman en gemeenskapsmens.
André Titus se merkwaardigheid was opgesluit in sy fenomenale intellektuele vermoëns wat neerslag gevind het in die wyse waarop hy as onderwysman en leier bestuur en gelei het.
Hy was ‘n uitsonderlik goeie en fyn beplanner en die wyse waarop hy rigting kon gee met sy unieke skepping van struktuur waarin jy altyd ‘n element van innoverendheid en deeglikheid kon bespeur, was opmerklik.

Ek (as agterbanker) was baie bevoorreg om saam met hom deel te wees van ‘n geselekteerde groep van onderwysmense om ná 1994 die “herstrukturering” van onderwys in die Wes-Kaap te help ontwikkel. (Die tydperk waarin drie verskillende onderwysdepartemente een moes word ).
Sy bydrae en insette op hierdie forum en wat gelei het tot die onderwysmodel waarin ons ons huidiglik bevind, het sy waarde as onderwysmens en kennis onderstreep.
Sy uiters professionele en sensitiewe wyse van sy standpunte stel of dié van inligting deurgee, was aansteeklik en het ook groot respek by kollegas en onderwyshoofde afgedwing.
Vir ons sal sy passie vir die onderwys, sy omgee en veral sy nederigheid altyd bybly. Hy was so respekvol dat hy daarop aanspraak kon maak om met respek behandel te word.
Mense en veral kinders se groei, ontwikkeling, vordering en suksesse op verskeie terreine was ‘n onlosmaaklike deel van sy lewensbeskouing. Hy het met groot ywer en toewyding sy lewe gewy aan die skep van die nodige ruimte waarin mense kan ontwikkel, groei en hulself kan bemagtig.
Op onderwysgebied is sy grootste nalatenskap in ‘n skool waarin die visie en missie van ‘n André Titus opgesluit lê : “Dat ons skool toeganklik moet wees vir AL ons kinders – ongeag.“
André Titus was ‘n goeie sportman, bietjie rugby gespeel, maar uitgestaan as die mees begaafde krieketspeler (kolwer) in Malmesbury van alle tye – ‘n titel wat aan hom toegedig word deur almal wat die voorreg gehad het om saam met hom te kon speel of hom gesien speel het. Ons sal jou “late cut” , “square cut” , dekpunt dryfhoue , “hooks”, en “pulls” nooit kan vergeet nie. Jy het dit met soveel gemak en grasie uitgevoer dat ‘n spanmaat jou met reg beskryf het as: “Ons eie Tendulkar.”
[Ek weet jy wou nog so graag rolbal gespeel het, maar miskien …… ]

André Titus se bydrae op administratiewe vlak van die spel krieket was ewe indrukwekkend waar hy vir baie jare (voor 1994) met groot onderskeiding vir die destydse Boland Senior Skolespan as bestuurder/afrigter opgetree het. Hy kan met reg daarop aanspraak maak dat sy bydrae en insette die weg gebaan het vir ‘n Rodger Telmachus om later Proteakleure te verwerf en vele ander om op provinsiale vlak hul merk te maak – almal produkte uit die stal van André Titus en iets waaroor hy altyd baie beskeie was.
Die gemeenskap van Malmesbury sal André Titus onthou as iemand wat onvoorwaardelik baie van homself aan ander gegee het.
Ek groet ‘n vriend, kollega en mentor.”
R.M. Kortjé

Nog ‘n oud-kollega en tans skoolhoof van Kerria Primêr op Atlantis, Russell Andrews, skryf:
André Titus, educator, principal, educational leader, community leader, sportsman… the man who had the confidence to give me my first teaching post in 1987 in the subject English, which I only had as a 1st year subject at university. I later became the Head of the English Department at Wesbank Secondary School under his leadership.
André Titus was one of my mentors when I started my teaching career. He gave me all kinds of opportunities in my career. He pushed me to take initiative, to attempt new ventures in education and to be involved in all of the school’s activities.
It is with great sadness that I learnt that this great man has passed on. A legend of the Malmesbury and Swartland community has fallen. He leaves a legacy of so many achievements and so many acts of kindness and especially giving his life, his time and his energy to the children of the Swartland. So many can bear witness that he played a tremendous role in their lives.
André Titus, I salute you! Rest in peace my teacher, my mentor and my principal.
Condolences from Lynette, myself, my mother, Clint, Cleo and Clay to Mrs Titus, Andrè, Garth, Kim and the broader family.
Cherish and celebrate the life of André Titus!

Leave a Reply

error: Content is protected !!