Latest

Eie tuin help inspireer Parsons

Grounded-uitstalling duur tot 31 Julie

Sedert die begin van grendeltyd het die kunsbedryf ook noodgedwonge verander en moes nuwe kanale vir die uitstal en bemark van kuns gevind word.

Ook The Gallery op Riebeek-Kasteel en RK Contemporary was gedwing tot aanlynuitstallings.

Maar met die verslapping van die regulasies kan RK Contemporary nou weer by die gallery uitstal.
Een van die vallei se top-kunstenaars Jenny Parsons se solo-uitstalling Grounded kan tans tot 31 Julie besigtig word by die gallery te Hoofstraat, Riebeek-Kasteel.
Parsons vertel dat sy goed op dreef was in haar studio toe die grendeltyd begin.

‘n Reis in 2018 na Indië het haar geïnspireer om die idee van tempeltuine te verken. Sy het juis die belangrikheid ondersoek van die tuin as ‘n fisieke, maar ook simboliese toevlugsoord en daarmee saam die tuinmuur wat bydra om die tuin ‘n veilige hawe te maak.
Parsons sê sy kon aanvanklik met grendeltyd nog werk, maar toe vang die omvang van die pandemie haar en is haar inspirasie daarmee heen.
Sy het haar toe tot haar eie tuin gewend en besig geraak – met die elemente soos die grond en kompos gewerk.
Die growwe saam met die fynere, verduidelik sy.

Parsons gesels met gaste by die uitstalling

Dit het haar weer gehelp en geïnspireer om terug te keer na die studio.
Dit het ook beteken sy kon van haar onvoltooide werk met ‘n nuwe hoek benader. Sy kon dié keer in van dié werk van die onderliggende, wat sy voorheen sou bedek, nou juis behou vir ‘n nuwe vermenging – ook van olie en akriel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!