Latest

Meeste damme nou voller as in 2019

Damvlakke in die Wes-Kaap het ‘n aansienlike hupstoot gekry danksy goeie reëns verlede week.
Die Voëlvleidam se vlak het met 6,4% gestyg van 64,7% tot 71,1%. Die dam is nou voller as in 2019 op die ooreenstemmende datum toe dit op 69% gestaan het.

Die jongste gemiddelde damvlak vir die Wes-Kaap is meer as 10% hoër (60,7%) as 49,6% op die ooreenstemmende datum verlede jaar.
Damme wat water aan die Stad Kaapstad voorsien, is tans 77% vol (2019: 63.8%).
Die provinsie se minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning,
Anton Bredell, sê “die totale gemiddelde damvlak vir die provinsie as ‘n geheel is goeie nuus vir ‘n provinsie wat al meer as ses jaar met groot droogte-uitdagings sukkel”.

Hy het bygevoeg dat bv. die Clanwilliamdam slegs twee weke gelede nog onder 40% vol was en tans om 93% staan, nadat dit die afgelope week alleen met meer as 40 persentasiepunte gestyg het.

‘Gaan voort om water verantwoordelik te gebruik’
Bredell sê som
mige dele van die provinsie word egter steeds deur die voortslepende droogte geraak, omdat omdat die verligting nog nie genoeg is nie.
“Dit is die boonste streke van die Weskus en die binneland van die provinsie, die Karoo.

“Ek wil die publiek aanmoedig om voort te gaan om water verantwoordelik te gebruik, selfs in gebiede waar damvlakke goeie herstel toon.
“Die beste tyd om water te bespaar is terwyl ons dit het. Ons moet aanhou om water verantwoordelik en spaarsamig te gebruik. ”
Die vlak van die Theewaterskloofdam is vandag op 72,5% (2019: 53% en verlede week: 68,5%). Die Bergrivierdam staan tans op 98% (2019: 92% en verlede week: 93%).

Leave a Reply

error: Content is protected !!