News

Watervlakke lyk belowend – Bredell

Die gemiddelde vlak van die vernaamste opgaardamme in die Wes-Kaap is 4% hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Volgens gister se beskikbare syfers staan die gemiddelde tans op 60.56% teenoor die 56.6% in 2019.

Die watervoorraadsyfers van Kaapstad toon dat die Voëlvleidam die afgelope week met 50 basispunte gestyg het tot 72,5%. Dit is effe laer as die ooreenstemmende datum verlede jaar toe die dam op 73,1% was.

Die provinsie se minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, Swartlander Anton Bredell, sê die damvlakke in die provinsie het die afgelope week gestabiliseer, maar dat syfers in die algemeen belowend lyk.

Bredell sê die vroeë aanduidings is dat nog kouefronte op pad is wat na verwagting in die komende weke meer reënval sal bring.

Leave a Reply

error: Content is protected !!