EntertainmentLatest

Vrou gevier met poësie, kuns

Ter viering van Vrouedag en Vrouemaand het die Arts Town Riebeek Valley gister se Poetry Jam in die Royal Arts Town-amfiteater aan die vrou opgedra.
Na afloop van die sessie was RK Contemporary se vrouemaand-uitstalling SHE oop vir besigtiging.

Dié groepuitstalling vier die wese van die vrou – haar vergestalting van skoonheid, intelligensie, krag en vreugdes- en gee ook erkenning aan haar ingewikkeldheid, kwesbaarhede en gesukkel.

By die Poetry Jam het digters Clare Stopford, Chloe Samuels, Tracy Fairston, Caren Kearley, Mariana del Carmen en Rhelda Louw werke voorgedra.
Bas van Kampen het ook van sy gedigte voorgelees. Georick Veltman was die programleier.

Die groepsuitstalling, SHE, sluit werke in van kunstenaars Anico Mostert, Antoinette von Saurma, Claudia Gurwitz, Di McLean, Fiona Rowett, Grace Kotze, Jaco Benade, Jenny Parsons, Judy Woodborne, Katja Abbott, Kim Black, Kufa Makwavarara, Leila Fanner, Lynda Kropman, Madelein Marincowitz, Madeleine van Manen, Olivia Black, Peter Midlane, Reece Swanepoel, Riaan van Zyl, Susan Bloemhof en Theo Paul Vorster in.
Dit duur nog tot 31 Augustus.

Leave a Reply

error: Content is protected !!