Agri/BusinessLatest

Skaapstudiedag nou in 2021 40

Een van die instellings in Swartlandse landboukringe is die jaarlikse kuddedag van Malmesbury Agri se Skaapstudiegroep wat vanjaar vir die 40ste keer sou plaasvind.
Dié gewilde dag moes ook weens die Covid-pandemie afgestel word en sal die groep volgens plan nou in 2021 die 40ste verjaarsdag vier.

John Dürr sê hy dink nostalgies terug “hoe ons 40 jaar gelede ons Kuddedag op die dorp se rugbyveld begin het.
“Dit was ‘n lekker nat wintersdag (gereën en baie morsig), maar die entosiasme en samewerking van almal teenwoordig was baie groot en daarom is ons nou by hierdie mylpaal, al kan ons dit nie aanbied en vier nie.

“Ons eer dus slegs vandag die nagedagtenis van hulle wat nie meer met ons is nie. Eben Schellink (eerste voorsitter), Pieter Hanekom, Okkie Bosch, Kallie vd Merwe, Smiley de Beer, Jan Louw, Steves Walters, Sam Walters, Leon Goodman, Willem Loubser, Andries Louw, Danie Fyfer, Ben Fyfer, Patat Basson, Willie Dreyer en Ebie Jooste, wat almal diep spore getrap het en die fondasie gelê het om hierdie byeenkoms só ‘n blywende sukses te maak.
“Ons Glo en Vertrou dat ons wel volgende jaar hierdie mylpaal kan vier en gedenk.”
Hier is ‘n skakel na ‘n paar foto’s van die laaste klompie jare se suksesvolle kuddedae.

Die Kuddedag sou vanjaar hul 40ste verjaarsdag vier, maar dit sal weens die Covid-pandemie nou in 2021 gehou word.

Posted by dié courant on Friday, 7 August 2020

Leave a Reply

error: Content is protected !!