Latest

Veselinternet nou in Panorama aangelê

Die aanlê van die oop netwerk vir veselinternet vir woonbuurte in Malmesbury is nou in die tweede fase met konstruksie wat tans in Panorama gedoen word.
Die kontrakteurs Marturia het verlede week met prisisietoerusting van die oostekant onderdeur Voortrekkerweg (wat as ‘n provinsiale pad geklassifiseer is) gemol om nie die pad te breek nie.

Volgens Stiaan Carstens van Marturia wat die konstruksie vir Cornergate Technologies behartig, hoop hulle om die eerste huise in Panorama oor ongeveer ses weke op die netwerk aan te skakel.
Pieter van der Westhuijzen van Cornergate het aan dié courant gesê die volgende fase ná Panorama is Bergzicht.
Daar word beplan om die netwerk vir ander internetdiensverskaffers oop te stel sodra die vyfde fase voltooi en die netwerk getoets is.
Intussen is daar ‘n diensverskaffer wat gedurende die konstruksiefase as diensverskaffer in die loodsfase optree.

Daar is spesiale tariewe vir inwoners wat vooraf reeds die diens bespreek om aan te sluit sodra die netwerk by hul wonings beskikbaar is.
*Die maandelikse fooi wat tans deur Flynet gehef word, beloop:
R505 vir ‘n 10/5 mbps-diens; R699 vir ‘n 20/10 mbps-diens; R850 vir ‘n 50/25 mbps-diens; R999 vir ‘n 100/25 mbps-diens en R1399 vir ‘n 100/100 mbps-diens.

Leave a Reply

error: Content is protected !!