Yzerfontein Karavaanpark heropen

Ná maande van inperking weens die Covid 19-pandemie waar die Yzerfontein Karavaanpark gesluit was, kon kampeerders die afgelope naweek weer daar kuier en ontspan.

Te midde van streng maatreëls om die risiko vir kampeerders te beperk, word die getalle tans streng beheer en is daar besluit om aanvanklik net elke tweede staanplek beskikbaar te stel.

Intussen is die park met die goeie blommeseisoen en min verkeer ook in ‘n kombers van geel blommetjies getooi.
Vir navrae, skakel die kantoor by 022 451 2211.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

error: Content is protected !!