First Fridays nou naweek van vermaak
Dit is dié naweek weer tyd vir die eerste First Friday’s op Riebeek-Kasteel sedert die Covid-inperkings begin het en die organiseerders het dit nou na ‘n naweek-geleentheid met ‘n Lentefees-tema uitgebou.

Die naweek skop Vrydag om 17:00 af met ondernemings wat weer langer oop bly tot 20:00 en ‘n Jerusalema-dans op die tennisbaan op die plein.
Om 17:30 is dit tyd vir ‘n spesiale Lenteparade (Springtime Parade Celebration”) deur die strate en om 18:45 het die Olive Branch-projek ‘n uitvoering genaamd “Ode to Springtime” voor die Gallery in Hoofstraat.
Die aand tree die Sweet Touch-orkes by Bay Leaf & Thyme op.

Saterdagoggend is die weer tyd vir die gewilde weeklikse Mark van Raw (Riebeek Animal Welfare) en ‘n om 11:00 doen Diane Kosis ‘n lesing en proe by The Little Market oor gefermenteerde kosse en die waarde daarvan.
Kunstenaars Shui-Lyn White en Kevan Moses se studio-opening met hul uitstalling “Repurposed/Restored/Remembered” is van 15:30 tot 17:30 by Roosstraat 17. Vanaf 17:30 is daar ‘n skemerkonsert met Ensemble Tropicale in die nuwe Rata (Royal Arts Town-amfiteater).

Die aand is daar ook ‘n kos- en wynproe met Renosterboswyne by die Vineyard Views Country House en ‘n aand van komedie met Tracy Klass by Bay Leaf & Thyme.
Die naweek word Sondag voortgesit met ‘n poësie-oggend (Poetry Jam) in die Rata vanaf 10:30 en die opening van die splinternuwe kunsuitstalling What on Earth by die RK Contemporary gallery.