Nuwe Gallery 7 on Plein open deure
‘n Splinternuwe kunsgallery van Riebeekvallei Toerisme is gisteraand in Pleinstraat op Riebeek-Kasteel geopen.
Die RVT Gallery 7 on Plein word nou in dieselfde gebou gehuisves waar die toerismekantoor is en is gemik op kunstenaars en opkomende kunstenaars wat dié kunsvorm tans nie voltyds as professie beoefen nie.
Die bestuur van Riebeekvallei Toerisme het met die inisiatief ten doel om ook op dié manier by te dra tot die visie om die vallei as ‘n plek van kuns uit te bou.
https://www.facebook.com/groups/2351854318458801/permalink/2647230095587887/?sfnsn=scwspmo
Onder die kunstenaars wie se werk gisteraand met die opening op uitstalling was, is Bruna Brooke-Sumner, Donker Jonker, Josie Hogben, Matthew Satchwell, Sander Mahieu, Sandy Tolosana, Simon Boden, Virginia Spies en Willem Vries.
Sean Cleary-le Grange van Riebeekvallei Toerisme het die gemeenskap bedank vir hul ruimhartige bydrae om die projek te loods en vir Astrid McLeod van The Gallery en RK Contemporary uitgesonder vir haar reuse-bydrae toe die nuwe gallery en uitstalling “asof dit haar eie gallery is”.