Nomineer Malmesbury se beste diensverskaffers
Die herleefde Malmesbury Sakekamer het ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om ondernemings en individue te nomineer. Die sluitingsdatum is 30 Oktober.
“Die aanlynnominasieproses om 2020 se beste diensverskaffers aan te wys, is reeds aan die gang.

“Al wat jy moet doen om hieraan deel te neem, is om Malmesbury Sakekamer se webblad by www.sakekamer.co.za/nomineer/diens-nominasies te besoek.
“Nomineer dan jou gunsteling-diensverskaffer met ‘n kort motivering daarby.
“Vanjaar kan jy ook stem vir die persoon wat volgens jou mening die beste diens aan Malmesbury-kliënte lewer.

“Sien www.sakekamer.co.za/nomineer/individie en gee op dié manier erkenning aan die diensverskaffers in jou dorp.
“Die sluitingsdatum vir nominasies is 30 Oktober om 14:00. Die finale proses om vir besighede in verskillende kategorieë te stem, volg in November,” aldus die persskakelpersoon, Sarie Nell.