EntertainmentLatest

Janse v Rensburg neem top-posisie op fotoaand

Met haar foto Dream State het Celine Janse van Rensburg op die Swartland Fotografieklub se Februarie-byeenkoms die afdeling vir junior fotograwe asook die algehele maandkompetisie gewen.

Beoordelaar André Stipp het gesê dit is belangrik om te sien dat die fotograaf met dié portret doelbewus die stemming met die wasige effek wou skep en dat dit nie ‘n fokusfout was nie. Daarom is dit juis reg dat daar nie besondere skerp fokus op sekere gedeeltes van die foto is nie.

Junior en maandwenner: Dream state ©Celine Janse van Rensburg

Die senior foto van die maand was Yzerfontein Sunset 1 deur Peter Hardcastle wat aan hom ook die 1ste plek in die afdeling vir gedrukte foto’s besorg het.

Wenner senior en gedrukte foto’s: Yzerfontein Sunset 1 ©Peter Hardcastle

Theuns Olivier van Tzaneen het die tema-afdeling, Dramatiese Monokroom, gewen met sy foto Mystery Sorrows.

Temawenner: Mystery sorrows ©Theuns Olivier

In die selfoonafdeling het Soreen Gouws van Piketberg die louere ingeoes met haar foto genaamd Die oggendstond het goud in die mond.

Selfoonwenner: Die oggendstond het goud in die mond ©Soreen Gouws

Hier is van die ander foto’s wat 24 punte en meer uit 30 behaal het.

As die dag oor Yzer gaan slaap ©Johan Viljoen
Solitude ©Herman Olivier
Death Stare ©Ciszanne Crous
Silent Princess ©Peter Hardcastle
Die son oor die Swartland-heuwels ©Johan Viljoen
Monique ©Peter Hardcastle
Buffalo Soldier ©Adriaan Vlok
The Swartland ©Herman Olivier

Die Swartland fotografieklub het ‘n vol program vir die jaar bespreek. Dit sluit etlike foto-uitstappies en fotowerkwinkels in.

Die klub vergader elke tweede Donderdagaand van die maand. Die ledegeld beloop R250 per jaar (R125 vir studente).
Daar is elke maand ‘n tema en lede lê elkeen tot vyf foto’s voor wat deur ervare beoordelaars beoordeel word.

Die tema vir Maart is troeteldierfoto’s.
Belangstellendes kan die voorsitter, Peter Hardcastle, kontak by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!