Groot toutrektoernooi kom nader

Een van die grootste toutrekbyeenkomste in die wêreld vind oor minder as drie weke in die Swartland plaas wanneer die land se top-junioratlete hier saamtrek.
Die SA Junior Toutrekkampioenskappe word van 17 tot 19 Maart op die Malmesbury skougronde aangebied.
Die Malmesbury Toutrekklub is vanjaar die gasheer van dié toernooi.

Voorsitter Rentia van den Berg sê die inweeg van atlete word die Donderdag gedoen met die toutrekaksie die Vrydag en Saterdag.
Van den Berg, het vroeër aan dié courant gesê dit is moeilik om nou reeds te weet hoeveel besoekers dié toernooi na die Swartland sal lok, maar met die vorige ronde wat dié toernooi gehou is, het tussen 5000 en 7000 mense dit bygewoon.

Die finale lotings van die spanne vind op 7 Maart plaas en sal die organiseerders dan eers finaal weet hoeveel spanne gaan deelneem.
Daar sal ‘n groot aantal stalletjies deur die dag wees met “steak”-etes (op bestelling) en kontantkroeg die Donderdag (R150) en Vrydagaand (R180).

Saam met Vrydagaand 18 Maart se “steak”-ete is daar vermaak deur Christo en Cobus ingesluit of kaartjies beloop R100 per kaartjie.
Bespreek etes en kaartjies by Rentia – 060 508 5144
Vir enige navrae: Bennie (083 412 3069) of Rentia (060 508 5144)

Leave a Reply

error: Content is protected !!