Agri/BusinessLatest

SA’ners daagliks bykans 11 ure op die net

Suid-Afrikaners op sosiale media rol gemiddeld deur 30 meter se materiaal op ‘n dag en spandeer meer as drie ure per dag op sosiale media.
Só het Maryke Korsten by ‘n insiggewende werkwinkel van Riebeekvallei Toerisme gesê.

Korsten, ‘n kenner op die gebied van sosiale media, internet en netbemarking, het gepraat oor tendense op die net en hoe ‘n onderneming se bemarkingstrategie aangepas moet word.
Sy sê 28 miljoen Suid-Afrikaners gebruik volgens die jongste beskikbare syfers sosiale media. Dit het met 3,5 miljoen gegroei in die laaste 12 maande.

Lede van Riebeekvallei Toerisme saam met Korsten (middel): Zani Brits, Caren Kearly, Ann Heyns en Sean Cleary-Le Grange.

Oor die internet sê Korsten 68% van Suid-Afrikaners is aktiewe internetgebruikers. Dit is hoër as die wêreldsyfer van 62,5%.
Vir 98% van Suid-Afrika se internetgebruikers is hul selfoon die primêre toestel wat hul vir internet gebruik. Die wêreldsyfer is 93%.
Suid-Afrikaanse internetgebruikers, sê Korsten, spandeer volgens statistiek gemiddeld 10 uur en 46 minute per dag op die internet. Dit sluit stromingsdienste soos Netflix in.

Dit is veel hoër as die wêreldtendens van gemiddeld 6 ure en 58 minute per dag.
Korsten het by die Royal Hotel gepraat. Sy het gesê syfers toon dat internetgebruikers se digitale aandagspan tans ongeveer 7 sekondes is.

Leave a Reply

error: Content is protected !!