Agri/BusinessNews

Toerismebeamptes verken Riebeekvallei

Streekbeamptes van Swartland Toerisme het vandeesweek ‘n draai in die Riebeekvallei gemaak om van die toerismeprodukte wat dié gewilde vallei bied, van nader te leer ken.
Die Swartland Toerismemaatskappy sonder winsbejag het bykans ‘n jaar gelede ná herstrukturering die bestuur van toerisme in die streek in ooreenkoms met die Swartland Munisipaliteit oorgeneem.

Die streekbestuurder van Swartland Toerisme is Lizelle Carstens van Moorreesburg en die maatskappy staan onder voorsitterskap van Tewie Roos van Darling. Die ander direkteure is Michael Daiber van Malmesbury, Derek van der Riet van Riebeek-Kasteel, Jolene Janse van Rensburg van Malmesbury en Ashley Stone van Riebeek-Kasteel.

Die kamer waarin generaal Jan Smuts volgens die rekords in 1870 gebore is.

Die beamptes op Yzerfontein, Darling, Malmesbury (ook verantwoordelik vir Moorreesburg) en die Riebeekvallei is onderskeidelik Yvette Collins, Dianne Le Roux, Sonja Philander en Ann Heyns.

Die Riebeek Valley Garden Centre is een van die juwele in die vallei.

Tydens die kort kuier in die Riebeekvallei het hulle die Riebeek Valley Garden Centre, die geboortehuis van Generaal Jan Smuts (‘n nasionale monument), Het Vlock Casteel, die nuwe deli-restaurant van Deli-Co en die nuwe Kokos Huis-boetiekhotel aangedoen.

Prisca Llagostera (naaslinks) het die gaste by haar boetiekhotel Kokos Huis ontvang. Maxwell Kriel (regs) staan gereed met ‘n verwelkomingsdrankie. Saam met hulle is Anne Heyns en Yvette Collins.

Janse van Rensburg (direkteur en ook bestuurder van die Swartland Wyn- en Olyroete) en Werner Botha (vryskutontwerper) en dié courant het die besoek meegemaak.

Tydens die besoek aan Deli-Co. Jolene Janse van Rensburg, Dianne le Roux, Sonja Philander, Ann Heyns, Yvette Collins en Johann van der Hoven van Môi Art op Riebeek-Kasteel.

Leave a Reply

error: Content is protected !!