Rooivleisprodusente skenk om veediefstal te bekamp
Volgens statistiek was daar in die eerste kwartaal van 2023 altesaam 133 aangemelde veediefstalsake in die Wes-Kaap.
In die jongste syfers word die waarde van beeste op R15 000 stuk geskat en dié van skape en bokke R3 000 en R4 000 onderskeidelik.
Die Rooivleisprodusente-organisasie se been in die Wes-Kaap het besluit om R100 000 te bewillig om nagsigtoerusting vir die bekamping van veediesfstal aan te koop.
‘n Verdere R75 000 is deur die provinsiale departement van landbou bygedra om só al ses veediefstaltakke in die provinsie toe te rus met dié moderne toerusting.