CommunityNews

Hoër damvlakke bemoedigend – departement

Persverklaring – Die Departement van Water en Sanitasie (DWS) is bemoedig deur die aansienlike verbeterings in dambergingsvlakke in die Wes-Kaap. Dit volg op die reënval verlede week.
Luidens die hidrologiese verslag van vandag, 5 Junie, staan die Wes-Kaapse watervoorsieningstelsel (WCWSS), wat water aan Kaapstad en sy omgewing verskaf, op meer as 69,%, ‘n noemenswaardige toename teenoor verlede week se 63,44%.

‘n Beduidende toename kan gesien word in die Bergrivier-opvanggebied op 76,97% in vergelyking met 69,74% verlede week. Die Wes-Kaap se damme se gekombineerde gemiddelde is 59,93% vergeleke met 56,95% verlede week.
“Ten spyte van sommige damvlakke wat verlede jaar se vlakke oortref het,” sê Wisane Mavasa (die Nasionale DWS-woordvoerder), “behoort dit nie ‘n rede te wees om te gerus te wees nie.” “Dit sal nog aansienlike reën verg om sommige damme te vul.”

Dit is nou die begin van die provinsie se wiinterreënvalseisoen en die Departement is hoopvol dat voorspelde neerslae die damvlakke verder sal verhoog.
“Die impak van die aanvul van die grondwatervlakke is ook noemenswaardig, ten spyte van die onsigbaarheid daarvan,” het Mavasa gesê. “Drinkwater en sanitasie, sowel as voedselvoorrade in sommige gebiede, is almal afhanklik van grondwater.”

Die Departement het weer ‘n beroep gedoen op alle inwoners om die gebruik van produkte wat die kwaliteit van die grond en die water daaronder vergiftig of afbreek, te vermy en grondwater so doeltreffend moontlik te gebruik.
“Water is lewe Sanitasie is waardigheid.” – (persverklaring)

Leave a Reply

error: Content is protected !!