NewsSports

Dippenaar hou gasheerklub se naam hoog in 10km

Die 35ste PPC Riebeekbergmarathon, aangebied deur die Swartland Atletiekklub, is vanoggend in tipiese winterweer om Kasteelberg beslis.
Nadat die atlete douvoordag in reënweer by die PPC-aanleg buite Riebeek-Wes weggespring het, het die reën later opgeklaar en is die grootste deel van die “Comrades van die Boland” in heerlike hardloopweer beslis.

Die Nedbank WP-atleet, Sibusiso Madikizela, het ná 42,2km die eindstreep eerste oorgesteek in ‘n tyd van 02:38:59. Neil Broers van die Atlantic Atletiekklub was meer as nege minute later tweede in 02:48:23, gevolg deur nog ‘n langasem van Nedbank WP, Marks Masixole Mpekula (derde in 02:56:07).

Cornel Stander (algeheel 18de) van die Paarl Atletiekklub was die wenner van die vroue-afdeling in 03:24:38, met haar klubmaat Lizel Oldewage tweede in 03:26:41 en Elme Middlemost van Nedbank WP derde in 03:28:40.

In die halfmarathon het William Kaptein van Tymebank Langa geseëvier in ‘n tyd van 01:10:19. Die Zimbabwiër Rabson Chigara van Max Elite was tweede in 01:11:09 en Ricardo Blauw van Nedbank WP het die eindstreep derde oorgesteek in ‘n tyd van 01:16:18.

Die Britse atleet Jenny Close van Cape Multisport het die vroue-afdeling van die halfmarathon gewen in ‘n tyd van 01:33:00. Sy is gevolg deur Rachelle Smith van die Atlantic Atletiekklub in die tweede plek (01:33:40) en Tammy Bithell van Goodwood Harriers derde in 01:37:36.

Die Weskusser Emmanuel Fredericks van die Langebaan Atletiekklub het die 10km-wedloop gewen in ‘n tyd van 32 minute en 3 sekondes. Allister Blaauw van Tymebank Langa was agt sekondes later tweede in 00:32:10 met Lukhanyo Nobakada van die Khayelitsha Atletiekklub derde in 00:32:31.

Louise Dippenaar van die Swartland Atletiekklub het die vroue-afdeling van die 10km in ‘n tyd van 41 minute en 7 sekondes gewen.

In die vroue-afdeling het die gasheerklub se Louise Dippenaar die Swartland se naam hoog gehou en die eerste plek verower in ‘n tyd van 41 minute en 7 sekondes. Danette Walley van Murray & Roberts was tweede in ‘n tyd van 00:42:12 met Pamella Moyikwa van die Khayelitsha Atletiekklub die derde vrou tuis in ‘n tyd van 00:42:29.

Saam met Swartland Burgemeester, raasdsheer Harold Cleophas, by Swartland Toerisme se tafel by die eindpunt, was die Swartland-atlete Eldeen Green en Wahseemah Saiet. (Foto verskaf)

Die wedlope kon vanjaar, ná ‘n afwesigheid van drie jaar, weer aangebied word en het ‘n groot aantal atlete gelok om die mylpaal van 35 te vier.
Daar was ook ‘n 5km-wedloop. Die totale aantal vooraf-inskrywings het 1940 beloop.

Die Nedbank WP-atleet Sibusiso Madikizela neem water by die Swartland Toerismebestuurder, Lizelle Carstens.

Verskeie instansies, waaronder Swartland Toerisme, het waterpunte vir die atlete langs die roetes beman.
Kry ‘n fotoblik op die oggend aksie hier.
Hier is die tye van die Swartland Atletiekklub se atlete wat hul onderskeie wedlope voltooi het soos op die amptelike uitslae:
10km:
Louise Dippenaar (W20) 41:07:00;
Jan Nel (M50) 49:37:00;
Hennie Klaase (M60) 50:52:00;
Piet Smit (M60) 53:43:00;
Colleen Gomas (W20) 59:18:00;
Helena Bester (W60) 01:01:52;
Gerswain Manuel (M40) 01:05:13;
Johan Scholtz (M60) 01:08:25;
Francois Joubert (M20) 01:10:12;
John Dürr (M70) 01:11:08;
Hercu Hofmeyr (M60) 01:14:59;
Magda Hofmeyr (W20) 01:15:00;
Wahseemah Saiet (W50) 01:15:35;
Constance Magou (W20) 01:16:16.
21,1km:
Alec Kotze (M20) 01:21:04;
Andries Dreyer (M40) 01:25:40;
Eldeen Green (W40) 01:26:39;
Richard Butcher (M70) 01:29:11;
Dirk Bester (M20) 01:30:14;
Ian Nel (M15) 01:37:01;
Estelle Mostert (W20) 01:46:44;
Christine Koch (W20) 02:07:23;
Wanda Carstens (W60) 02:31:01;
Frikkie Carstens (M60) 02:37:06;
Juliana De Wit (W60) 02:37:37;
Sue-Ellen Coetzee (W40) 02:42:00;
Christa Marais (W60) 02:47:12.
42,2km:
Njenyana Zwane (M20) 03:49:13;
Johan Coetzee (M20) 03:49:19;
Derick Adams (M20) 03:57:56;
Gaylian Swarts (W20) 04:28:19;
Hanselie Swarts (W50) 04:53:13;
Rodger Arendse (M40) 05:10:33.

Leave a Reply

error: Content is protected !!