EntertainmentGeneral

Media kry voorsmakie van Solo Studios ’23

Met ‘n raps meer as twee weke oor voor vanjaar se Solo Studios-kunsnaweek van 18 tot 20 Augustus in die Riebeekvallei het ‘n groep mediamense ‘n voorsmakie gekry van die spyskaart wat op besoekers wag.
En, soos vorige jare, bring Solo Studios – Intimate Art Encounters weer ‘n lywige spyskaart met ‘n unieke kombinasie van swaar en ligte geregte en ‘n paar aangename verrassings waarna fynproewers kan uitsien.

Naas die 17 kunstenaars wat naweekgangers in hul eie ateljees verwelkom en 8 besoekende kunstenaars wat saam met van dié ateljee-eienaars gaan uitstal, is daar ook sewe groepuitstallings (waaronder twee private kunsversamelings) by galerye en gastehuise.
Maar daar is ook weer etlike toevoegings tot vanjaar se spyskaart.
Een daarvan is die wêreldfilmpremière van Monomania – 7 Kortfilms – 7 Chambers of Obsession (18+SNL).
Sewe kunstenaars, almal Riebeekers (huidig en voorheen), is genooi om elk ‘n kortfilm oor hul monomanie te vervaardig.

Die eindproduk is ‘n eklektiese samestelling wat onderwerpe van vroulikheid, seksualiteit en erotika tot armoede, geestesongesteldheid en depressie dek. Beweging, kunsmatige intelligensie en literatuur. Vervaardig deur onderskeidelik Tamzin Lovell-Miller, Riaan van Zyl, Donker Jonker, Cristina Kirstein, Leán Bakker, John Vowles en The House of the Second Shadow. Sewe kortfilms verweef in ‘n produksie van 1 uur, wat die eerste keer tydens die Solo Studios-naweek vertoon sal word. Kaartjies beskikbaar by www.solostudios.co.za

Nog een van die disse om nie mis te loop nie, is die liefdadigheidskonsert Solo Simfonie, ‘n eerste in die NG Kerk Riebeek-Kasteel met die Wynland Filharmoniese orkes wat onder meer nuwe musiek saam met die plaaslike SteelBand sal uitvoer.
Daar word ook vanjaar weer lesings aangebied:
Deur kunsfundi Tamzin Lovell-Miller (Technology: Transforming Cultural Life and the Future of Artists en The Living Legacy of Uche Okeke: Bridging Past and Present in Artistic Expression) en
Deur die akademikus, navorser en entrepreneur, dr. Nicky Terblanche (Artificial intelligence (AI) – what’s all the fuss about?).

‘n Ander dis op die Solo Studios-spyskaart is ‘n “blinde” wynproe en filmaanbieding deur die bekende wynsommelier Joseph Dhafana, wie sy spore as tuinier en vlugteling uit Zimbabwe binne-in die Riebeekvallei lê. Sy deelname as kaptein van die Zimbabwiese wynproespan by die wêreldkampioenskappe vir “blind” wynproe is in die rolprent Blind Ambition vasgevang.
Ook die uitvoerende kunste is deel van Solo Studios 2023.
Georick fon Velt, bekend as The Mirrorsister, is te sien in ‘n prikkelende eenpersoon-teatervertoning genaamd “Sosiaal – Wie is ek in verhouding tot jou? Is dit beter om te praat of om te sterf?”

Daar is vanjaar ook ekstra multimedia/filmvertonings by twee kunstenaars, Emma Willemse en Riaan van Zyl, se ateljees.
En laastens, maar nie die minste nie. Koskuns is reeds die laaste paar jaar deel van Solo Studios en vanjaar beloof Night of the Long Tables (oor twee aande) deur van die vallei se beste gashere en sjefs weer ‘n baie besondere ervaring te wees. Night of the Long Tables sluit aanbiedinge in deur Aardvark Eats, Kokos Huis met Intellego se wyne, The Valley Deli met Allesverloren se wyne, Olive and Vine en The Royal Hotel & Chef Giuseppe met Arbeidsgenot se wyne.
Vir kaartjies en meer inligting, besoek www.solostudios.co.za.

Die lys ateljeekunstenaars wat vanjaar uitstal:
Ade Kipades met Hennie Meyer
Andre Francois van Vuuren
Adries Dirks met Arno Morland
Antoinette von Saurma
Bret Shuman met Linda Waterkeyn
Dieter Wüst
Emma Willemse
Gordon Williams met Paul Kristafor
Kevan Moses mer Shui-Lyn White
Lizette Visser met Ros Koch
Louis Nel
Misha Hillier met Hannelie Strydom
Riaan van Zyl
Sharon Bischoff
Solly Smook
Tamlin Blake met Keiskamma Kunsprojek
Wiehan de Jager met Clayton Sutherland

Galerye:
Pictorex – “Printed at Pictorex” met
William Walker
Mary Walker
Greta McMahon
Tanya Majo
Rudolph Willemse
Ad Goedhart
Linda Harrison
Johan Viljoen
Leila Fanner
Louisa Gerryts
Jacky Lloyd

Spier Arts Trust/The Creative Block
Boyce Magandela
Emma Aspeling

Q Studio – Impendulo
Carl Collison
Hentie van der Merwe

RK Contemporary
Anton Momberg
Anthony Harris
Claire Greenspan
Greta McMahon
Tanya Majo
Thembalethu Mangunyana
Candice Dawn Blignaut

Gallery 7 on Plein
Verskeie nie-professionele en opkomende plaaslike kunstenaars

The Hub
Uitgesoekte werk van die meeste Ateljeekunstenaars

1 Royal Street Guest House
Eienaars se private kunsversameling

Die Kunshuis met RK Contemporary Galery
Nicola Roos
Wehrner Lemmer
Trevor Rizzato

Leave a Reply

error: Content is protected !!