EntertainmentFEATURED

Darling propvol toerismejuwele

Die Swartland is ‘n skatkis van verborge juwele. Elke dorp in die streek het nie net ‘n eie en unieke karakter nie, maar wemel ook van interessante stories en mense – oud en jonk.
Swartland Toerisme het ‘n raps meer as ‘n jaar gelede ‘n nuwe baadjie aangetrek en is deurlopende besig met aksies om die streek se skatte lug te gee – om die streek en sy eiesoortige karakter te bemark.

Die streekbestuurder van Swartland Toerisme is Lizelle Carstens van Moorreesburg en die maatskappy staan onder voorsitterskap van Tewie Roos van Darling. Die ander direkteure is Michael Daiber van Malmesbury, Derek van der Riet van Riebeek-Kasteel, Jolene Janse van Rensburg van Malmesbury en Ashley Stone van Riebeek-Kasteel.
Die beamptes op Yzerfontein, Darling, Malmesbury (ook verantwoordelik vir Moorreesburg) en die Riebeekvallei is onderskeidelik Yvette Collins, Dianne Le Roux, Sonja Philander en Ann Heyns.

As deel van hul program verken die toerismebeampte elke dorp om hul toe te rus vir wanneer besoekers om inligting kom aanklop.
Die groep het Darling besoek.
Die omgewing was voorheen bekend as Groenekloof. Een van die plase, Langfontein, is in 1853 aangekoop om ‘n dorp en kerk te stig. Die eerste NG Gemeente is toe ook in 1853 daar gestig nadat die boere voorheen lidmate van die Swartland-gemeente was. Darling is na luitenant-goewerneur Charles Henry Darling vernoem.

Die raaiselroete op Darling is een van die pretaktiwiteite vir die hele gesin waar hul van die dorp se skatte te voet kan ontdek. Onder dié juwele is ou geboue, gastehuise, restaurante en interessante winkels.
Die beamptes het onder meer by die Darling Museum (ook die toerismekantoor), Koffie my Darling, Darling Wine Shop, Marmelade Cat, The Heart of Darling, Darling Lodge, Darling Olives, Living Colour, !Khwa ttu, Toad Hall B&B en Contreberg besoek afgelê.

Die Darling Veldblommeskou vind vanjaar van 15 tot 17 September plaas.
Daagliks vanaf 09:00 by Darling Museum
Toegang: R80 vir volwassenes en R60 vir pensioenarisse
Kontak: 068 151 5692
http://www.darlingwildflowers.co.za/

!Khwa ttu se Erfenisdagfees vind op 24 September plaas.
Datum: Sondag 24 September 2023
Vanaf 09:00
Kontak: 022 492 2998
www.khwattu.org

Leave a Reply

error: Content is protected !!