Agri/BusinessFEATUREDGeneral

Relihan se kudde toon beste groei

Op die Agri Malmesbury Skaapstudiegroep se jaarlikse kudde-evalueringsdag het Wilhelm Relihan van Oak Valley in die Riebeeksrivier met die prys vir die beste vordering oor al die rasse weggestap.
In dié kompetisie ding die veeboere teen hulself mee en word hul uitslae met dié van vorige jare vergelyk.

In die slaglamkompetisie (vir karkasse) het Ewan Louw van Nuweland Dormers die wenlam ingeskryf.
Die hoogste punte in die slaglam-groepafdeling (karkasse) is deur Johnny Forbes van Vredesig behaal.
Die kuddedag is vanjaar vir die 41ste keer gehou en het weer op die Malmesbury Skougronde plaasgevind.

Wilhelm Relihan (middel) van Oak Valley het die trofee ontvang vir die beste vordering oor alle rasse. Saam met hom is John Durr (links), voorsitter van die Skaapstudiegroep, en Basie van Zyl (sekretaris en ook verteenwoordiger van Nova Voere, die hoofborg van die dag).

Onder die ander wenners was:
Merino Jongooi-kuddekompetisie: Mike Gregor van Elandsberg Plase
Dohne-Merino Jongooi-kuddekompetisie: Paul Truter van Papkuilsfontein
SA Vleismerino Jongooi-kuddekompetisie: Martin Bester van Hubertskuil by Klipheuwel
Dormer Jongooi-kuddekompetisie: Wilhelm Relihan van Oak Valley

Daar word ook reeds die laaste klompie jare ‘n Stockman-kompetisie aangebied. Skoliere van skole wat landbou as vak aanbied, woon lesings op die dag by en hulle kennis en vaardigheid in onder meer vleisklassifikasie, wolklassifikasie en dieregesondheid word dan getoets.

Vanjaar het Corli Malherbe (3de van links) van Hoërskool Porterville met die prys as Stockman van die Jaar weggestap. Saam met haar is Annevonne Mong van Porterville (5de), Robert Louw van Porterville (4de), Anrie de Klerk van Augsburg Landbougimnasium (3de), Macglasky Jordaan van Hoërskool Porterville (2de) en Basie van Zyl van Nova Voere.

Vanjaar het Corli Malherbe van Hoërskool Porterville met die prys weggestap. Macglasky Jordaan van Hoërskool Porterville was tweede en Anré de Klerk van Augsburg Landbougimnasium derde. Robert Louw van Porterville was 4de en Annevonne Mong van Porterville 5de.

Johnny Forbes (regs) van Vredesig het Ewan Louw (naaslinks) se wenkarkas op die veiling gekoop vir R6 000. Carl Malherbe (links) was die afslaer. Naasregs staan Jan Coetzee van Vredesig en voor staan Daniël en JJ Forbes.

In samewerking met Agri-Expo is daar ook vanjaar begin met die toeken van ‘n wisseltrofee aan ‘n skolier met passie en toewyding. Dié trofee is vanjaar deur Devinique Cleophas van Hoërskool Swartland ontvang.
Daar is vanjaar weens die nat veld afgesien van die gewilde wolbaaldraresies en dit is met ‘n hekkiedraresies vervang.

Een van die gaste by Vrydag se kuddedag was Michael Lambert van die Statebond. Lambert is sekretaris van die RASC (Royal Agricultural Society of the Commonwealth) wat skoue oor die Statebond bedien. Hier is hy saam met Breyton Milford van Agri-Expo en John Dürr, voorsitter van die Agri Malmesbury Skaapstudiegroep.

Een van die gaste by vanjaar se kuddedag was Michael Lambert van die Statebond. Lambert is sekretaris van die RASC (Royal Agricultural Society of the Commonwealth) wat skoue oor die Statebond bedien. Hier is hy saam met Breyton Milford van Agri-Expo en John Dürr, voorsitter van die Agri Malmesbury Skaapstudiegroep.

Leave a Reply

error: Content is protected !!