Agri/BusinessFEATUREDNewsOns Mense

Vrug op harde werk, sê top landbouwerker

Marlon Coert van Wynkeldershoek in die Riebeeksrivier het gistermiddag by Groenrivier buite Riebeek-Wes met die louere weggestap as die Swartland se Algehele Landbouwerker van die Jaar.
Coert was ook die wenner van die afdeling vir Junior Bestuur.

Die kompetisie wat 21 jaar gelede in die Hexvallei ontstaan het, word deesdae in 16 Wes-Kaapse streke beslis en die provinsiale wenners word in November vanjaar aangewys.
Coert het almal betrokke bedank vir die geleentheid vir landbouwerkers “om net iets te vier” en gesê harde werk werp vrugte af.
Hy het aan Elsenburg studeer en is in 2016 daar aangewys as die beste student in wingerdbou en vrugteverbouing.

Marlon Coert

Coert het die “aflosstokkie” as streekwenner oorgevat by verlede jaar se wenner, Aphendule Dyomfoma (ook van Wynkelderhoek).
Dié plaas is ook vanjaar, soos verlede jaar, die streek se bespresterende plaas.

Wynkeldershoek is weer aangewys as bespresterende plaas. Van links is Rowan van der Mescht (bestuurder) saam met sy kollegas Elsabee Farao, Aphendule Dyomfoma (verlede jaar se algehele en wenner en vanjaar die seremoniemeester), Marlon Coert (vanjaar se algehele en wenner), Shawn Pieters, Dawid du Toit, Nigel Jonkers en Johannes Schalkwyk.

“Dit is vandag vir my ‘n groot voorreg om deur die Here se genade hier te staan. Ek het baie hard gewerk. Ek was eers algemene plaaswerker,” het Coert gesê. Hy het die bestuurder van Wynkeldershoek, Rowan van der Mescht, bedank as sy mentor.

Die kompetisie in die streek word deur die Swartland Wyn-en Olyfroete aangebied in samewerking met die Wes-Kaapse Departement van Landbou en Shoprite as medeborg.
Rasheeq Williams van die Wes-Kaapse Departement van Landbou het die belangrikheid van landbouwerkers beklemtoon. “Sonder hulle kan die ekonomie nie funksioneer nie,” het hy die LUR vir landbou, dr. Ivan Meyer, aangehaal.
Die totale kontantprysgeld wat die wenners van die streek ontvang, beloop meer as R47 000 en elkeen van die top-drie in elke afdeling kry ook geskenkbewyse van Shoprite.

Die Swartland se wenners vanjaar, per kategorie,is:
Algemene werker
1ste: Jerieve Lambrechts (Eenboom)
Naaswenner: Nigel Jonkers (Wynkeldershoek)
2de Naaswenner: Maxwell Holies (Panorama)

Algemene werker-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Jerieve Lambrechts (1ste), Nigel Jonkers (2de), John Constable van die Wes-Kaapse Departement Landbou en Maxwell Holies (3de).

Trekkerdrywer
1ste: Dawie Titus (Org de Rac)
Naaswenner: Johannes Schalkwyk (Wynkeldershoek)
2de Naaswenner: Frederico Galawe (Eenboom/ Franki’s Vineyards)

Trekkerdrywerwenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Dawie Titus (1ste), John Constable van die Wes-Kaapse Departement Landbou, Johannes Schalkwyk (2de) en Frederico Galawe (3de).

Besproeiingspesialis
1ste: Dawid du Toit (Wynkeldershoek)
Naaswenner: Rowan Bartman (Kloovenburg)
2de Naaswenner: Rowan Jansen (Org de Rac)

Besproeiingspesialis-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Dawid du Toit (1ste), John Constable van die Wes-Kaapse Departement Landbou, Rowan Bartman (2de) en Rowan Jansen (3de).

Tegniese Operateur
1ste: Shawn Pieters (Wynkeldershoek)
Naaswenner: Romeo-Lee Abrahams (Org de Rac)
2de Naaswenner: Rayno Cloete (Swartland Winery)

Tegniese operateur-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Shawn Pieters (1ste), John Constable van die Wes-Kaapse Departement Landbou, Romeo-Lee Abrahams (2de) en Rayno Cloete (3de).

Diereproduksie
1ste: WinstonAntas (Quantum Foods)
Naaswenner: Ilisma Nero (Chalala)
2de Naaswenner: Jan Fielies (Org de Rac)

Diereproduksiewenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Winston Antas (1ste), John Constable van die Wes-Kaapse Departement Landbou, Ilisma Nero (2de) en Jan Fielies (3de).

Administratiewe Personeel
1ste: Jonbenay Prins (Goedgedacht)
Naaswenner: Elsabee Farao (Wynkeldershoek)
2de Naaswenner: Kay-Louise Heynse (Kloovenburg)

Administratiewe personeel-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Jonbenay Prins (1ste), Elsabee Farao (2de), Kay-Louise Heynse (3de) en Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Voorman/vrou
1ste: Joseph Jacobs (Slimsun)
Naaswenner: Elmarie Cleophas (Swartland Winery)
2de Naaswenner: Jonnathan Meloy (Goedgedacht)

Voorman/vrouwenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Joseph Jacobs (1ste), Elmarie Cleophas (2de), Jonnathan Meloy (3de) en Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Junior Bestuur
1ste: Marlon Coert (Wynkeldershoek)
Naaswenner: Lodewyk Louw (Kloovenburg)
2de Naaswenner: Randall Julies (Paardebosch)

Junior bestuur-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Marlon Coert (1ste), Lodewyk Louw (2de), Randall Julies (3de) en Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Middelbestuur
1ste: Marise Cloete (Goedgedacht)
Naaswenner: Rocco Daiber (Paardebosch)
2de Naaswenner: Jan Heynse (Kloovenburg)

Middelbestuur-wenners: Tania Tait van Shoprite Freshmark, Marise Cloete (1ste), Rocco Daiber (2de), Jan Heynse (3de) en Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Bespresterende Plaas: Wynkeldershoek

Beste Potensiaal: Winston Antas (Quantum Foods)

Tania Tait van Shoprite Freshmark, Winston Antas van Quantum Foods (Landbouwerker met die beste potensiaal) en Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou.

Swartland Landbouwerker van die Jaar 2023: Marlon Coert (Wynkeldershoek)

By die Swartland Agriwerker van die Jaar se prysuitdelingsgeleetheid was Jolene Janse van Rensburg (Swartland Wyn- en Olyfroete), John Constable en Rasheeq Williams van die Wes-Kaapse Departement Landbou, Marlon Coert (algehele wenner), Aphendule Dyomfoma (verlede jaar se wenner en vanjaar die seremoniemeester), Ilse Boks van die Wes-Kaapse Departement Landbou en Tania Tait van Shoprite Freshmark.

Leave a Reply

error: Content is protected !!