Agri/BusinessFEATURED

Koringoes 19% hoër geskat as 2022

Die skatting vir die koringoes vir vanjaar in die Wes-Kaap word tans op 1,095 miljoen ton gestel. Dit verteenwoordig 51% van die geskatte nasionale oes en is 177 000 ton meer as die finale oes van 918 000 ton in 2022.
Dié syfers is vandag deur die Nasionale Oesskattingskomitee uitgereik.

Daar word tans beraam dat daar nou 365 000ha koring in die provinsie aangeplant is – 68% van die nasionale syfer.
Die verwagte nasionale kanola-oes is 230 950 ton, wat 5,33% of 13 000 ton minder is as die vorige maand se skatting van 243 950 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 131 200 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,76 t/ha.

Nasionaal

Volgens die skatting is daar vanjaar ‘n geraamde 537 950ha koring in die land aangeplant teenoor die 566 800ha van verlede jaar. Die komitee het die geskatte oes met 10 000 laer aangepas na 2 131 235 ton teenoor die 1ste skatting van 2 141 625 ton. Die finale oes van 2022 was 2 110 000 ton.
Die produksieskatting vir gars is 389 920 ton, wat 2,61% of 9 900 ton meer is as die vorige maand se skatting van 380 020 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 107 600 ha, terwyl die verwagte opbrengs 3,62t/ha beloop.

Leave a Reply

error: Content is protected !!