FEATUREDNews

R529m-pad sluit 5 brûe in

Die nuwe verbypad wat die N7/Hopefieldpad (R45)-aansluiting met die Paarl/Riebeek-aansluiting (R45/R46) sal verbind, sluit die bou van 5 brûe in.

Die nuwe pad van 6,7km word teen ‘n koste van R529 046 000 gebou en die beoogde voltooiingsdatum is 8 September 2025. Dit bestaan uit 2 x 3,7m breë bane en 2 x 2,4m skouers en die groot nuwe R45/R46-oorbrug-aansluiting.

Dié nuwe korridor sal ‘n belangrike skakel wees in die Nasionale Infrastruktuurplan 2050 vir ‘n vragroete wat die ontwikkelings in Saldanhabaai en die Weskus verbind met belangrike ander vervoerroetes in die Wes-Kaap.

Die 5 brûe wat gebou moet word, is die oorbrug by die Paarl/Riebeek-aansluiting, ‘n duikwegbrug oor die Rustfonteinpad (DR1150), ‘n brug oor die Riebeeksrivier, ‘n vleilandbrug en ‘n duikwegbrug oor Piketbergweg (DR1149).

Volgens die provinsiale departement van infrastruktuur sluit die projek ‘n geraamde 220 werksgeleenthede en 24 000 dae se werk/arbeid in.
Die raadgewende ingenieurs wat vir die projek aangestel is, is Aecom en die kontrakteurs wat die pad bou, is Haw & Inglis.

Soos vroeër berig word vier grondeienaars – Die Basson-broers, Truter de Kock, Dolfie Walters en Jan Bester – deur onteiening geraak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!