Piketberg MTB Challenge se inskrywings oop
Die heuwels buite Piketberg is aanstaande naweek weer die plek waar bergfietryers en atlete die natuurskoon en opwindende roetes gaan aandurf in die Piketberg MTB Challenge wat by Org de Rac aangebied word.
Die Sport-Trust, ‘n nie-winsgewende organisasie vir sportontwikkeling, bied dié gesinspretdag op 14 Oktober saam met onder meer Bergrivier Toerisme aan. Daar sal ook markstalletjies, kosstalletjies en pret-aktiwiteite wees vir die kinders om te geniet.
Die MTB-uitdaag sluit roetes van 60km, 40km en 25km in terwyl atlete die 12km ,8km en 5km kan aandurf.
Om in te skryf, besoek http://www.weskustickets.co.za/…/piketberg-mtb-cycle…/. Inskrywings kan ook op die dag gedoen word.
Registrasie begin reeds om 06:00 met die deelnemers aan die 60km wat reeds om 07:00 wegspring.
Die wedlope begin om 08:00.