EntertainmentLatest

Aftel na Boomerang-fees het begin

Die eerste aflewering van die splinternuwe Boomerang-musiekfees in die Swartland is om die draai. Boomerang ‘23 word geheel en al daaraan gewy om hulde te bring aan die ikoniese musiek van die 60’s tot die vroeë 90’s.

– van ABBA tot die Stones tot ZZ Top.
12 ure se treffers ingeprop sonder ophou by dié fees op Riebeek-Kasteel op 8 en 9 Desember met pragtige uitsigte oor die vallei met landerye,wingerde en omring deur die berge.
Tien orkeste van oor die Wes-Kaap en ook uit Gauteng.
Vrydagaand skop af met ‘n groot “Steak”-braai en musiek, maar die hoofdis op die spyskaart is Saterdag se musiek van 12:00 tot middernag.
Al was die idee aanvanklik om die fees net vir die ouer garde te hou, het die organiseerders, ná talle versoeke, besluit om ook die jonger aanhangers van dié musiek toe te laat.
Dus Boomerang ‘23 – Die ‘gig’ vir die goue oues wat jonk is van hart.
‘n Viering van dié wonderlike musiek-era en ook die generasie.

Al is die orkeste nie almal ewe bekend nie, waarborg die organiseerders top-optredes en musiek wat almal sal eken.
“Ons het bewustelik weggebly van die sogenaamde Big Name Artists, want ons wou hê die kollig moet op die musiek val,” sê Allan Barnard, feesdirekteur. “Ons het die groepe gevra om te verseker dat die gehoor elke liedjie sal ken.”
Een van optredes is dié deur Beat Route, ‘n orkes wat redelik onlangs gestig is en bestaan uit verskeie veteraanmuso’s, elkeen ‘n meester van sy instrument. Hul repertorium bestaan geheel en al uit treffers van slegs drie ikoniese bands, gesmee om die verhaal van “A Foreigner’s Journey to Boston” te vertel.

Aan die agterkant van die hoofarena sal daar ‘n groot markiestent met kos en versnaperinge wees, insluitend natuurlik plaaslike wynkelders.
Al die nodige fasiliteite en ‘n georganiseerde sekuriteitsteenwoordigheid sal verseker dat Boomerang ’23 op die sportterrein van Laerskool Riebeek-Kasteel ‘n veilige, gemaklike en onvergeetlike ervaring is.

Vir diegene wat wil oorslaap, bied die Riebeekvallei volop akkommodasie (maar jy moet gou spring). Daar is egter ook vir die gesoute feesgangers geleentheid om in klein tente, middelslag-woonwaens en kampwaens op die een sportveld te kampeer.
Jy kan dit saam met jou toegangskaartjies bespreek by Quicket, maar onthou dit is ook onderhewig aan beskikbaarheid. So moet nie te laat slaap met jou besprekings nie.

Al is daar volop parkeerplek in die dorp, kan gereserveerde parkeerplek binne die feesterrein ook aanlyn gekoop word.
Vir meer inligting, besoek www.myboomerang.co.za of
koop jou kaartjies by https://www.quicket.co.za/events/219523-boomerang-23/#/

Leave a Reply

error: Content is protected !!