CommunityLatest

DA behou Swartland Wyk 7

Allan Williams nuwe raadslid

Die DA het gister in die tussenverkiesing in Wyk 7 van die Swartland Munisipaliteit ‘n groter persentasie van die stemme as in 2021 ontvang en die wyk weer ingepalm. Allan Williams sal nou die nuwe verteenwoordigende raadslid wees.

Die leier van die DA in die Wes-Kaap, Tertius Simmers, sê in ‘n verklaring: “Ons wens die nuutverkose DA-raadslid, Allan Williams, geluk met sy welverdiende oorwinning. Allan is ‘n gerespekteerde inwoner van die omgewing en ons is vol vertroue dat hy sal voortbou op die suksesse wat reeds in die wyk behaal is en dit na verdere hoogtes sal neem.”

Luidens die verklaring het die DA 1004 (37,48%) van die stemme getrek teenoor hul 786 stemme in 2021.
Uit die inligting in die verklaring is die party wat verreweg die meeste gegroei het en gister die tweede meeste stemme ontvang het, die PA. Dié party se Rodney Esau het meer stemme op hom verenig as wat die DA in 2021 kon kry. ‘n Totaal van 869 kiesers (32,44%) het hul kruisies vir Esau getrek teenoor die 15 stemme in 2021.

Abbotsdale
Kalbaskraal
Malmesbury
Die premier van die provinsie, Alan Winde, het ook gister die Swartland besoek.

Die ANC se Thembalethu Nongogo het 453 stemme (16,91%) ontvang teenoor sy party se 352 (16,27%) in 2021.
Die ander partye se steun was soos volg:
ACDP (Lesley Esau) 158 stemme (5,9%); VF+ (Amber Booysen) 142 stemme (5,3%) teenoor die party se 118 stemme (5,46%) in 2021; EFF (Miriam Hugo) 43 stemme (1,61%) teenoor die 43 stemme (1,99%) in 2021; UIM (Marlon Truter) 10 stemme (0,37%).

Die totale stempersentasie was op 50,95% ‘n rapsie meer as die 49,27% van die algemene munisipale verkiesing in 2021. Daar was nou 5285 geregistreerde kiesers teenoor die 4451 in 2021.

Leave a Reply

error: Content is protected !!