Agri/BusinessLatest

Swartland spog wéér met Platter’s top-wynkelder

image_pdfimage_print

Die jaarlikse Suid-Afrikaanse Platter’s 2024 is pas bekendgestel met ‘n lang lys Swartlandse wyne wat 5 sterre ontvang het. Eben Sadie se Sadie Family Wines is vir die vierde keer vereer as die toppresterende kelder van die jaar wat die meeste vyf sterre behaal ná die jaarlikse finale proe-rondte.

Dit is een van die drie top-toekennings wat jaarliks gemaak word. Hulle het nie minder nie as sewe vyfstertoekennings ontvang vir Sadie Palladius 2021, Sadie Skerpioen 2022, Sadie ‘T Voetpad 2022, Sadie Mev. Kirsten 2022, Sadie Rotsbank 2022, Sadie Skurfberg 2022 en Sadie Kokerboom 2022.
Die top wyn in elke afdeling/kultivar word ook elke jaar aangewys en hier het die Mullineux CWG Auction The Gris Old Vine 2022 die toekenning as wyn van die jaar in die Sémillon Gris-afdeling ontvang.

Mullineux in Riebeeksrivier wat verlede jaar vir die vyfde keer as die top-kelder aangewys is, het die aflosstokkie nou weer aangegee na Sadie Family Wines in die Paardeberg wat dit ook die vorige jaar gewen het. Mullineaux is vanjaar met ses vyfster-wyne net ‘n kortkop agter.
Dié gids deur wynliefhebbers en joernaliste John en Erica Platter het in 1980 vir die eerste keer verskyn. Hulle het sedertdien die leisels aan ‘n nuwe span oorgegee.
Die 44ste uitgawe bevat meer as 900 produsente, handelaars en handelsmerke, insluitend 31 nuwes, en meer as 8 000 plaaslik geproduseerde wyn- en spiritusprodukte.

Vanjaar het 226 produkte vyf sterre (gelykstaande aan 95 of meer op die 100-punt internasionale skaal) verwerf.
Daar is ook 424 wyne wat hoogs aanbeveel word, wat vyf sterre net-net mis met ‘n gradering van 94 op die 100-punt skaal verdien.

Onder die lys Swartlandse wyne wat vyf sterre ontvang het, is:
Shiraz/Syrah: Mullineux Syrah 2021
Red Blends, Shiraz/Syrah-Based: Rall Red 2021
Chenin Blanc: City On A Hill Earth 2022; David & Nadia CWG Veiling 2022; David & Nadia Plat’bos 2022; Huis van Chevallerie Bergskilpad Old Vine 2022; Leeuwenkuil White 2022; Mullineux Granite 2022; Mullineux Schist 2022; Sadie Mev. Kirsten 2022; Sadie Rotsbank 2022; Sadie Skurfberg 2022.
Grenache Blanc: Riebeek Valley Raar Small Batch 2022.
Semillon: Sadie Kokerboom 2022.
Sémillon Gris: Mullineux CWG Auction The Gris Old Vine 2022.
White Blends, Other: Mullineux Old Vines White 2022; Rall White 2022; Sadie Palladius 2021; Sadie Skerpioen 2022; Sadie ‘T Voetpad 2022.
Vin de Paille: Mullineux Straw Wine 2022.

Dié hardebandgids is vanaf vroeg Desember 2023 by uitgesoekte boekwinkels en kleinhandelaars landwyd beskikbaar.
‘n Intekening op die digitale uitgawes, naamlik die webgebaseerde weergawe sowel as die toeps is ook beskikbaar.

Leave a Reply

error: Content is protected !!