Riebeek hou weer kersligmark
promosie
Die jaarlikse Kersligmark op die plein in Riebeek Kasteel vind hierdie Saterdag, 9 Desember van 17:00 tot 21:00 plaas.
Van wafels, brêkkie“buns” met ‘n aand-“twist”, plante, boeke, vars produkte, gebak, heerlike vrugtesap, juweliersware, klere, linne, handwerk en vele meer – daar is iets vir almal. Met meer as 35 handelaars is dit die perfekte tyd vir jou Kersinkopies.
Al die opbrengs van die stalletjies en gazebo-huur help met die finansiering van gemeenskapsprojekte van die NPO Riebeek Valley Community Projects.
En ja, ten spyte van beurtkrag, sal die groot Kersboom vanaf 20:00 verlig wees.