GeneralLatest

Swartland slaggereed vir vakansiegangers

Die vakansietyd het amptelik afgeskop en die Swartland is gerat vir vakansiegangers.
Die seisoen is ingelui met die loods van die jaarlikse verwelkomingsveldtog waar besoekers aan Yzerfontein by die ingang van die dorp verwelkom word.

Hoewel Yzerfontein as ‘n veilige dorp bekend staan, het die toename in besoekers die noodsaaklikheid van ‘n doeltreffende veiligheidsplan genoodsaak.
Naas die implementering en koördinering van die feesseisoenplan tussen die buurtwag, ander gemeenskapsorganisasies, wetstoepassing en die polisiedienste, dien Swartland Toerisme se Yzerfontein-kantoor as belangrike punt vir besoekers.

Besoekers aan dié vakansiedorp wat deurlopend in gewildheid toeneem, het vandeesweek weer belangrike inligting oor die dorp, veiligheidswenke, noodnommers asook ‘n volledige feeskalender ontvang.

Ook by Swartland Toerisme se ander kantore op Malmesbury, Darling en Riebeek-Kasteel staan beamptes gereed om besoekers te verwelkom en van hulp te wees om ‘n wonderlike ervaring van die Swartland te help verseker.

Leave a Reply

error: Content is protected !!