LatestSports

Klubrugbyliga skop Saterdag af

Boland Rugby se klubligawedstryde skop hierdie naweek af en gemeet aan die voorseisoense aksie tot die afgelope naweek, kan toeskouers hul regmaak vir kookwaterrugby van die eerste wedstryde af.

In die Swartland-afdeling van die Grootuitdaagliga speel die twee finaliste van die afgelope naweek se Burgemeestertoernooi, Abbotsdale en Wesbank, onderskeidelik gasheer vir Saron en Riebeek United.
Die volledige lys wedstryde van die Swartland-afdeling (tuisspanne eerste):
Darling vs Young Eagles, Dassenberg
Wesbank vs Riebeek United
Abbotsdale vs Saron
Villagers Wittewater vs Never Despair
Moorreesburg vs Good Hopes
Porterville het ‘n loslootjie.

Grootuitdaag Weskus-afdeling:
Vredenburg vs Steenberg Cove
Saldanha vs Piketberg
Paternoster vs Mamre
Velddrif vs Hopefield
Young Hearts vs Langebaan
St Helenabaai het ‘n loslootjie.

Saterdag se eersterondewedstryde in die Swartland/Weskusafdeling van die Streekuitdaag:
Koringberg vs Broodkraal
Mountain Eagles vs Porterville United
Goedverwacht vs Saldanha Tigers
Universals vs Flying Eagles
Zebras vs Young Tigers
Coronations vs Voorberg.

Leave a Reply

error: Content is protected !!