Wêreldmuseumdag – ‘n skatkis van kennis
Elke jaar op 18 Mei vier die wêreld Internasionale Museumdag en vanjaar se tema vir Saterdag is: Ontsluit Kennis – Museums vir Onderwys en Navorsing.

Besoek gerus ‘n museum naby jou om die rykdom van kennis wat die museum bied ,te verken. Só kan jy jou wêreld verbreed en ‘n meer ingeligte wêreld help bou.
In die Swartland is daar verskeie museums waar kennis en stories van die streek uitgebeeld en aangebied word.
Dit sluit ook spesifieke fokusse op die geskiedenis van onder meer die koringbedryf en suiwelbedryf in die streek aan.

Die museums in die streek is:
Darling Museum
Pastoriestraat
Tel: 022 492 3361
Koringbedryfmuseum Moorreesburg
Hoofstraat
Tel: 022 100 1190
Malmesbury Museum
Prospectstraat 1
Tel: 073 299 0581

Piketberg Museum
Kerkstraat 10
Tel: 022 913 2177
Jan Danckaert Museum, Porterville
Markstraat
Tel: 079 486 3101

Riebeekvallei Museum
Kerkstraat, Riebeek-Kasteel
Tel: 064 666 8961
!Khwa ttu San Kultuursentrum
R27 Weskuspad naby Yzerfontein
Tel: 022 492 2998


Internasionale Museumdag onder die vaandel van die Internasionale Raad van Museums (ICOM) (wat in 1946 gestig is) word reeds sedert 1977 vir bykans 5 dekades gevier.
Museums speel ‘n deurslaggewende rol in onderwys en navorsing en bevorder en prikkel leer, ontdekking en kulturele begrip.