LatestSchools

HSS wil sentrum in 2025 open

As alles volgens plan verloop, wil hulle graag die splinternuwe hoëprestasiesentrum (HPS) teen Augustus aanstaande jaar open.
Só sê die skoolhoof van Hoërskool Swartland, Justus Schoonraad.

Hy verduidelik dat die skoolterrein uit meer as een erf bestaan en die betrokke erf waarop dié fasiliteit gebou sal word, nou in die proses van hersonering is.
Hulle wil graag voor die einde van vanjaar met grondwerke begin, vertel Schoonraad aan dié courant.

Die sentrum sal apart omhein wees met die hooftoegang uit Hofstraat. Daar sal wel ook toegang vanaf die skool se kant wees, onder meer omdat dit ook as klubhuis vir die krieketveld sal dien.

Kunstenaarsvoorstellings van die nuwe HPS wat die Hoërskool Swartland binnekort wil bou.

Naas binneshuise krieketnette, sal die HPS ook die ginmasium van Time 2 Train, wat daarheen sal skuif, huisves, asook fisioterapeute, ‘n onthaallokaal en ‘n konsessie-koffiewinkel van Platō.
Hy sê daar is wel nog spasie beskikbaar vir verhuring.

Hy voeg by dat die instansie wat die nuwe padelbane sal huur, al hul toerusting uit Spanje bestel het en dit is reeds op pad.
Al is die bourekenaars besig met finale kosteberamings, is die “meeste van die fondse reeds beskikbaar met onder meer beleggers wat betrokke sal wees”.

Lees ook: HSS wil hoëprestasiesentrum, padelbane bou

Leave a Reply

error: Content is protected !!