Vakansietyd is “Cocktail”/”Mocktail”-tyd
Ons het ‘n maklike Tequila Sunrise-resep van Janno Viljoen van ‘n klompie jare gelede afgestof.
(daar is ook ‘n nie-alkoholiese opsie)
Bestanddele:
‘n Lang glas van jou keuse;
Gebreekte ys (Crushed ice)
Grenadine rooi (suikerstroop)
Blue Curacao of blou kleursel
Lemoensap
Tequila
Vars vrugte vir garnering
Metode:
Gooi ‘n sopie grenadine onder in die glas en vul die glas op met die versplinterde ys.
Gooi ‘n dubbele sopie (50ml) tequila oor die ys en vul op met lemoensap.
Garneer met vars vrugte en ‘n strooitjie en gooi twee teelepels Blue Curaceau bo-op die drankie net voor dit bedien word.
Janno sê:
“Die Tequila Sunrise is een van die mees populêre cocktails (mengeldrankies) en ‘n mens kan sien hoekom – Dis koel, vars, feestelik, verskriklik lekker en boonop gou om te maak.
“Die resep kan ook as ‘n nie-alkoholiese drankie bedien word sodat die hele gesin die mengeldrankies dié feesseisoen kan geniet. Vir ‘n nie-alkoholiese drankie kan die tequila weggelaat word en die Blue Curaceau vervang word met ‘n druppel blou voedselkleursel.
Wenk: Grenadine kry ‘n mens by ‘n drankwinkel, saam met die ‘cordials, lime, passion fruit en kola tonic’ op die rak.
Geniet hom!