MSS sit dienste voort; beveilig onbemande persele
PROMOSIE
Al is die land en die streek in ‘n staat van inperking, is daar etlike noodsaaklike dienste wat voortgesit word.
“Een daarvan is sekuriteitsdienste en is die monitering en beveiliging vir ons ‘n baie groot prioriteit,” vertel Altus Koen van MSS.
“Ons dienste gaan voort en al is daar ook vir ons etlike uidagings waaronder verskaffers wat nie nou in al die behoeftes kan voorsien nie, is ons ook bevoorreg om te kan bly werk.
“Met baie sake- en nywerheidspersele waar bedrywighede tydelik gestaak is, is ons steeds 24 uur per dag aan diens vir gemoedsrus,” verseker Koen.
“Ook ons gewapende reaksie werk deur hierdie tyd om die nodige dienste aan kliënte en die gemeenskap te lewer.”