Vrouedag gevier met digkuns, uitstalling
Die naweek se vrouedagviering met die digtersoptrede in die Royal Arts Town Amfiteater op Riebeek-Kasteel vind Saterdag 8 Augustus plaas gevolg deur die opening van die nuwe kunsuitstalling SHE.
Weens die voorspelde reën vir Sondag, Vrouedag, word die Poetry Jam Saterdag om 11:30 in die amfiteater gehou.
Om 12:30 vind die opening van die vrouemaand-uitstalling, SHE, by RK Contemporary in Hoofstraat plaas.
In beide gevalle sal daar by die Covid19-maatreëls van maskers en ‘n beperking van 50 mense gehou word.
Van die stemme by die Poetry Jam sluit in Clare Stopford, Chloe Samuels, Tracy Fairston, Caren Kearley en Mariana del Carmen.
Dit volg ná die opening van die teater die afgelope Sondag met die eerste Poetry Jam. Dit maak deel uit van die Arts Town Riebeek Valley-inisiatief wat onlangs van stapel gestuur is vir beide die uitvoerende as beeldende kunste.
Om vrouemaand en die vrou – haar vergestalting van skoonheid, intelligensie, krag en vreugdes, maar ook die erkenning aan haar ingewikkeldhede, kwesbaarhede en stryd – te vier, duur die kunsuitstalling SHE in RK Contemporary tot 31 Augustus.
Dié groepuitstalling sluit top-kunstenaars se werk in verskeie media en style – 2D en/of 3D in. SHE sluit werke van Adrian Owen, Anico Mostert, Antoinette von Saurma, Bastiaan van Stenis, Claudia Gurwitz, Di McLean, Fanie Buys, Fiona Rowett, Grace Kotze, Jaco Benade, Jenny Parsons, Judy Woodborne, Katja Abbott, Kim Black, Kufa Makwavarara, Laurel Holmes, Leila Fanner, Lynda Kropman, Madelein Marincowitz, Madeleine van Manen, Monique Day-Wilde, Olivia Black, Peter Midlane, Reece Swanepoel, Riaan van Zyl, Susan Bloemhof en Theo Paul Vorster in.