Agri/BusinessLatest

Só lyk plaashekprys van vleis

Die prys wat vleisprodusente vir hul beesvleis kry, is tans effe laer as dié van verlede jaar, maar die gemiddelde prys van skaap is tans sowat 24% hoër as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Die vleis van beesvleis is steeds onder afwaartse druk, sê kenners, weens die impak van die korona-pandemie op onder meer die gasvryheidsbedryf in Suid-Afrika. Die provinsiale grense wat gesluit is, dra ook by.

Die prys van speenkalwers het die laaste week effens gestyg met 0,4% as gevolg van ‘n laer aanbod en hoër vraag.
Beesvleis (Graad A2/A3) se prys was 1,1% laer teenoor die vorige maand en 3,8% laer op ‘n jaargrondslag.
Daar word verwag dat die prys op die kort termyn so sal bly, maar as daar gekyk word na die tendense van vroeër jare, kan die prys in later in die maand begin styg.
Die opwaartse neiging kan weer verlangsaam in September.

Die produsenteprys van Klas A2 / A3-lamsvleis was in die laaste week 1,2% laer. Dit word hoofsaaklik aan die oordragvoorrade toegeskryf ass gevolg van die laer vraag.

Die prys was 4,9% hoër as ‘n maand gelede en 22,3% hoër as ‘n jaar gelede.
Soos met bees kan die prys (volgens historiese tabelle) later in die maand styg en in September weer effe verlangsaam.
*Varkvleis se prys het die afgelope week gemiddeld met 2,3% gestyg en was 6,2% hoër as ‘n maand gelede.
Die prys is bykans 11% laer as die ooreenstemmende tyd verlede jaar.
Ook vars hoender se produsenteprys was die afgelope week 2,8% laer as die vorige maand en 11% laer as in 2019.

Leave a Reply

error: Content is protected !!