Gesonde 5-ling op 5 Maart op Welgegund
Lamtyd het aangebreek en goed afgeskop op Hoffie van Blerk se Welgegund in die Malmesbury-distrik.
Die Dohne Merino-ooie lam elkeen in ‘n aparte lamhok waar hulle dan vir ‘n paar dae bly.
![](https://diecourant.co.za/wp-content/uploads/slider6/SmallStoragesolutionsdienste-1024x555.jpeg)
Van Blerk vertel toe hy vanoggend die ooie besoek, is daar hierdie gesonde vyfling onder die eerste klompie lammers van die ongeveer 1000 ooie wat hier moet lam.
Daar is ook reeds ‘n vierling en ‘n paar drielinge.
![](https://diecourant.co.za/wp-content/uploads/2021/03/IMG_8734-1024x849.jpg)
Hy sê die gemiddelde van die kudde is normaalweg in die omgewing van 2 lammers per ooi.