BTS-skenking groot meevaller vir Goedgedacht, babas

Skenkings uit ‘n onverwagse bron was ‘n groot meevaller en het die Goedgedacht Trust in staat gestel om sy baba-eenheid vanoggend weer amptelik te heropen.
Hoofbestuurder dr. Deon Snyman vertel dat hulle laat verlede jaar uit die bloute kennis gekry het dat Goedgedacht Trust ‘n skenking sal ontvang van BTS One in an Army, die ondersteunersbeweging van dié gewilde Suid-Koreaanse popgroep wat net uit jong manne bestaan.

BTS (Bangtan Sonyeondan) het tienmiljoene ondersteuners oor die wêreld en het ook vandeesmaand by die 63ste Grammy-toekennings opgetree.
Een van BTS se lede Kim Seok-Jin het in Desember verjaar en ‘n fondsinsameling is daarmee saam gehou. Die skenking is toe uit dié insameling moontlik gemaak.

Die baba-eenheid by Goedgedacht (vir babas van tussen 3 maande en 2 jaar) is heropen en heet nou die Kim Seok-Jin-eenheid.
By die opening het Meagan Meloy, ma van een van baba’s, vertel van die groot rol wat die eenheid speel en hoe verlore sy was toe die eenheid gesluit moes word en dat sy nie kon wag dat dit heropen nie.

Naazneen Samsodien
Meagan Meloy
Bill Elder
Lizelle Erasmus vertel opgewonde van haar werk in die baba-eenheid.

Twee van Goedgedacht se groot ondersteunende donateurs oor baie jare, Bill en Jenny Elder, het ook die geleentheid bygewoon. Elder het vertel dat hulle sedert 1993 vriende van Goedgedacht is en ook al jare betrokke is by die kinderontwikkeling en die aksies rondom fetale alkoholsindroom.

Created with GIMP

BTS ARMY South Africa is onafhanklik en deur tweelingsusters, Naazneen and Tagseen Samsodien, op die been gebring. Hulle is ook ondersteuners van Goedgedacht en het vanoggend se opening bygewoon. Naazneen het gesê dit is vir hulle ‘n voorreg om betrokke te wees.

Leave a Reply

error: Content is protected !!