Entertainment

Olivier weer wenner by fotografieklub

Lucas Olivier het vandeesmaand weer die wenfoto ingeskryf by die Swartland Fotografieklub se maandelikse kompetisie.

Sy foto In the Woods het ook die junior afdeling gewen.

Junior en algehele wenner – In the Woods ©Lucas Olivier

In die tema-afdeling (Powerful Landscapes & City Scapes) het Ciszanne Crous van Piketberg met Sunset die louere ingeoes.

Temawenner – Sunset ©Ciszanne Crous

Herman Olivier het ‘n driekuns behaal. Sy foto Take it slow is as die wenner in die afdeling vir monokroomfoto’s aangewys. Dit was ook die senior wenner van die maand.

Senior en Monokroomwenner – Take it slow © Herman Olivier

Hy het ook die afdelings vir gedrukte foto’s en selfoonfoto’s gewen met onderskeidelik Patterns in the Vine en Doring Bay Bluehour.

Afdrukwenner – Patterns in the Vine ©Herman Olivier
Selfoonwenner – Doring Bay Bluehour ©Herman Olivier

Die beoordelaar van die maand was Fritz van Zyl.

Die klub se volgende maandbyeenkoms is op 13 Oktober. Die tema vir Oktober is Natuur (geen voëls). Die klub vergader op die tweede Donderdag van elke maand in die keldersaal van die NG Gemeente Swartland-Noord om Malmesbury. Die Oktoberbyeenkoms vind egter op Piketberg plaas.
Vir enige navrae oor die klub se aktiwiteite, program vir die jaar of om aan te sluit, skakel Hardcastle by 083 628 9668.

Leave a Reply

error: Content is protected !!