Schools

21ste CPM-wintersportdag lok groot aantal besoekers

Die Christelike Privaatskool Malmesbury (CPM) het die afgelope naweek hul jaarlikse wintersportdag vir die 21ste keer aangebied.
Skoolhoof Willie Taylor het met die opening die sukses van so ‘n sportdag toegeskryf aan goeie sportmangees en die gulde geleentheid om ‘n liefde vir rugby en netbal by leerders te kweek.

Nagenoeg 2 500 mense het vanjaar se sportdag bygewoon met 10 skole – 49 rugbyspanne en 56 netbalspanne (bykans 900 deelnemers). Onder die skole was dié van Vredendal, Vyeboom, Leipoldtville, Paarl, Langebaan en Tulbagh.

CPM se o.8 en o.10 -netbalspanne het al hul wedstryde gewen ̶ ‘n “prestasie waarop die skool trots kan wees”.
Die skool het al die borge wat die dag moontlik gemaak het, bedank vir hul getroue ondersteuning. (Berig verskaf)

CPM se o.10-netbalspan
CPM se o.7-rugbyspan
CPM se o.8-netbalspan

Leave a Reply

error: Content is protected !!