Laer opkoms – só stem Swartlanders
Tydens die pas afgelope nasionale en provinsiale verkiesings het 31 953 geldige stemme uit die Swartland munisipale area bygedra tot die seteltoedeling in die provinsiale wetgewer.
Daar was uit die Swartland ook 31 967 geldige stemme vir die 200 nasionale setels en 31 882 vir die 200 streeksetels in die nasionale parlement.

dié courant het ‘n bietjie gaan kyk na die Swartlandse stemme vir die provinsiale wetgewer (42 setels) en hoe die stemmery by elk van die 41 stemlokale verloop het.
(sien onder)
Die kiesersopkoms in die Swartland vir die provinsiale verkiesing was op 59,21% 2 persent laer as dié van 2019, maar die aantal stemgeregtigdes (geregistreerde kiesers) het van 50 015 tot 54 334 gestyg.
Die totale uitgebragte stemme het van 30 383 tot 31 953 gestyg.
Die Democratic Alliance (DA) se steun in die 2024 provinsiale verkiesing het hier in getal afgeneem van 19 649 (64,67%) tot 19 514 (60,76%).
Die Patriotic Alliance (PA) het die African National Congress (ANC) van hul tweede plek op die podium in die Swartland in 2019 afgestoot tot die derde plek.
Die PA het 5 198 (16,27%) van die stemme ontvang teenoor die ANC se 4 216 (13,19%) van die stemme. Laasgenoemde het met die 2019-verkiesing 7 329 (24,12%) van die stemme gekry.

Die Vryheidsfront Plus op nommer vier het met 862 (2,70%) vanjaar in persentasie ‘n rapsie beter gevaar as die 2,58% (785 stemme) in 2019 toe hulle derde was in die Swartland.
Good het van die vierde plek in 2019 (665 stemme – 2,19%) nou afgeskuif na nommer sewe (231 stemme – 0,72%).
Die Economic Freedom Fighters (EFF) is weer in die 5de plek met 750 stemme (2,35%) teenoor hul 572 stemme (1,88%) van 2019.
Die African Christian Democratic Party (ACDP) is ook weer sesde met 302 stemme (0,95%) al het hul aantal stemme aansienlik gedaal van die 508 (1,67%) in 2019.
Die volgende posisies tot by nommer 15 is:
- 8. National Coloured Congress – 163 (0.51%)
- 9. Referendum Party – 121 (0.38%)
- 10. Pan Africanist Congress Of Azania – 97 (0.30%)
- 11. Build One South Africa With Mmusi Maimane – 71 (0.22%)
- 12. ActionSA – 61 (0.19%)
- 13. Umkhonto Wesizwe – 57 (0.18%)
- 14. Al Jama-Ah – 55 (0.17%)
- 15. Allied Movement For Change – 45 (0.14%).

Uit die wyke in die Swartland het die DA, soos voorheen, weer die meeste steun in 11 van die wyke gekry met Wyk 9 waar die ANC die meerderheid steun geniet het met 73,22% van die stemme. Die EFF is daar tweede met 12,46%.
In wyk 11 wat onlangs in die munisipale tussenverkiesing deur die PA verower is, het die DA 48,52% steun in verlede week se provinsiale verkiesing gekry met die PA tweede op 39,82% en die ANC derde op 6,46%.
Hier is die onderskeie wyke met hul stemlokale se uitslae in die 2024 provinsiale verkiesing:











