Voëlvlei se vlak styg stadig
Die watervlak van die Voëlvleidam het die afgelope maand met ‘n raps minder as agt persentasiepunte gestyg tot die 58,06% waarop dit vanoggend gemeet is.
Dié dam, die Swartland se grootste drinkwaterbron, het vandag ‘n jaar gelede ná goeie reën op 64,05% gestaan nadat dit toe binne twee weke met 17 persentasiepunte gestyg het.
Die weerman voorspel ‘n 30% kans op ligte reën in die gebied môreaand.
Die Misverstanddam buite Moorreesburg se vlak is vandag op 112% nadat dit vroeër kwaai gestyg en op 5 Junie net duskunt die 148% gedraai het.
Die Bergrivierdam by Franschhoek is tans 84,26% vol.
By Theewaterskloof, die Wes-Kaap se grootste dam en ook Kaapstad se grootste waterbron, het die maatstok vanoggend gestaan op 60,88%, nadat dit ‘n maand gelede drie persentasiepunte laer was op 57,88%.
*Agt jaar gelede (op 20 Junie 2016) toe dit baie droog was in die streek, het dié courant berig dat die Voëlvleidam se vlak op 24,4% was.
Op die ooreenstemmende datum in 2015 was die vlak op 39,2% en 20 Junie 2014 op 78,6%.