Latest

Voëlvlei styg met 3 282 ML in 24 uur

Die vlak van die Voëlvleidam het in die laaste 24 uur tot vanoggend om 05:00 met 2% (3 282 ML water) gestyg van 65,8% tot 67,8%.
Die dam se vlak was ‘n week gelede op 60,1%.

Die vlak is nog 11% laer as die ooreenstemmende datum van verlede jaar, maar dit reën steeds in die opvanggebied en nog swaar reën word voorspel na die naweek toe wat die vlak nog aansienlik sal laat styg.

Op die ooreenstemmende datum verlede jaar was die vlak op 79,1% en in 2022 op 61,8%, in 2021 op 73,1% en in 2020 op 59,1%.

Leave a Reply

error: Content is protected !!