Agri/BusinessLatest

Swartlandse kelders skitter by Veritas

Wynkelders uit die groter Swartland het die afgelope naweek weer geskitter op die jaarlikse gesogte Veritas-toekennings.

Drie kelders het met Dubbelgoud weggestap en die streek het ook ‘n groot oes aan goue en uitstaande silwer en silwer medaljes ingepalm.
Blake’s Family Wines, Groote Post en Pulpit Rock het Dubbelgoud ontvang.

Dié drie top-wyne uit die streek is, Blake’s se Single Vineyard Malbec (2023), Groote Post se The Inheritance Pinot Noir (2022) en Pulpit Rock se Brink Family Vineyards Merlot (2022).

Christo Pienaar (naasregs) van Veritas saam met Pulpit Rock se Haumann Brink, Dewald Huisamen en Hermias Hugo. Foto: Veritas/A Gorman Photography
Andries Blake van Blake’s Family Wines saam met Christo Pienaar. Foto: Veritas/A Gorman Photography
Lukas Wentzel van Groote Post ontvang sy medalje van Christo Pienaar. Foto: Veritas/A Gorman Photography

Die Veritas-kompetisie word as een van die belangrikste in die bedryf beskou omdat dit deur die wynbedryf self behartig word.

Die kelders uit die groter Swartland wat goud verwerf het, is Blake’s Family Wines, Darling Cellars (3), Groote Post (2), Hillock Wines en Pulpit Rock (2).

Leave a Reply

error: Content is protected !!